Vier moordverdagtes ontsnap

‘Tralies oopgesny’

13 February 2019 | Misdaad
Augetto Graig - Vier moordverdagtes, wat by afsonderlike sake in verband met die moord op drie mense betrokke is, het Maandag uit polisieaanhouding in die polisiekantoor op Swakopmund ontsnap.

Adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van polisieondersoeke in die Erongostreek, het gesê die verdagtes het tydens ’n skofwisseling tussen 14:00 en 14:48 spore gemaak.

“Daar is ontdek een van die selle by die Swakopmund-polisiekantoor se venstertralies is met ’n onbekende voorwerp oopgesny, waardeur die vier gevangenes ontsnap het,” het hy gesê.

Twee van die ontsnapte verdagtes, mnre. Daniel Nghilifa (28) en Fabianus Lazarus (26), word beskuldig van die moord op die bejaarde Swakopmundse egpaar, me. Roswitha Strzelecki (79) en haar man, mnr. Siegfried Strzelecki (81) in 2017.

Nghilifa en Lazarus is twee van drie verdagtes wat glo by dié misdaad betrokke was.

Hulle staar ook klagte van roof en ernstige aanranding in die gesig.

Intussen is mnre. Mathies Nuujoma (27) en Ngenokesho Stefanus (23) saam met twee ander verdagtes glo betrokke by die moord op mnr. Joseph Hekandjo (38), wat na bewering ná ’n stryery by ’n nagklub op Walvisbaai in 2016 plaasgevind het.

Die vier betrokkenes het Hekandjo na bewering voor die klub doodgesteek.

Volgens Iikuyu is al vier ontsnaptes oorspronklik van die Noorde, maar skuil vermoedelik in die Khomasstreek.

Enigiemand met inligting oor waar die ontsnaptes hulself bevind, word versoek om dit by hul naaste polisiekantoor aan te meld.
- Eie berig en Nampa

Soortgelyk

 

Olie, riool in Goreangabdam

13 ure gelede |

Elvira Hattingh - Sedert Windhoek se munisipaliteit (CoW) noodgedwonge alle watersuiweringswerk moes staak, vloei tussen 24 000 l en 27 000 l onbehandelde en oliebesmette...

Vier moordverdagtes ontsnap

13 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig - Vier moordverdagtes, wat by afsonderlike sake in verband met die moord op drie mense betrokke is, het Maandag uit polisieaanhouding in die...

Adjunkminister skuld Agribank N$10,6 m

13 ure gelede | Ministeries

Ellanie Smit - Agribank eis in die hoërhof in Windhoek in drie afsonderlike sake meer as N$10,6 miljoen van die adjunkminister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge...

Weer vir 13 Februarie 2019

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie kan hoogs waarskynlik oor die Noordooste plek-plek voorkom BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm oor die westelike binneland. Elders sal...

Eiendomsman Jerome Joseph sterf

13 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Die bekende Windhoekse eiendomsman, mnr. Jerome Joseph (52), is Maandagnag in sy slaap aan vermoedelik ’n hartaanval dood.Hy was die oudste van...

Onmin oor trustfondse

13 ure gelede | Ministeries

Jana-Mari Smith – ‘n Wysiging aan die wet op die administrasie van boedels stel die regering in staat om ten volle beheer van ‘n oorledene...

Geliefde skoolhoof sterf

13 ure gelede | Mense

’n Bekende afgetrede onderwyser en Windhoeker, mnr. Norman Titus (72), alombekend as Meneer Titus of Uncle Norman onder leerlinge, het Saterdag ná n kort siekbed...

Planne kom vir papierlose parlement

13 ure gelede | Regering

Augetto Graig - Toppolitici sal van vanjaar af ál minder papier moet gebruik. Die eerste sitting van die Namibiese parlement vir 2019 vind môre plaas....

Skole fokus op beroepsopleiding

13 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Spesifieke skole wat oor tegniese geriewe beskik en werkwinkels vir verskeie tegniese rigtings insluit, is in elke streek van die land geoormerk...