Vier minderjarige meisies glo verkrag

Net een verdagte vas

11 September 2019 | Misdaad
Volgens die polisie se misdaadverslag is vier minderjarige meisies die naweek in die Khomas-, Erongo- en Ohangwena­streek verkrag en kon hulle slegs een verdagte in hegtenis neem.

Een van die oorlewendes is 'n 11-jarige meisie wat glo Vrydag op ­Rehoboth agter die Lutherse kerk in Blok E verkrag is.

Die meisie was glo op pad huis toe van haar tannie se huis toe die man haar van agter gegryp het.

Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Vrydag om 20:00 het 'n man 'n meisie (14) by 'n partytjie by 'n huis in die DRC-nedersetting op Swakopmund ontmoet en haar glo na sy sinkhuis geneem en verkrag.

Die meisie was glo onder die invloed van alkohol en is alleen in die sinkhuis gevind.

Die verdagte is nog op vrye voet.

Vrydag is 'n 13-jarige meisie na ­bewering by 'n opstal by Onandova verkrag.

Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

Op dieselfde dag is 'n 15-jarige meisie by 'n huis in Eenhana glo verkrag.

Die verdagte (21) is in hegtenis geneem.

Saterdag is 'n 27-jarige vrou glo deur 'n 24-jarige man op Arandis verkrag. Die verdagte is in hegtenis geneem.

In nog 'n geval van geslagsgeweld het 'n man Saterdag om 20:20 sy meisie (30) in die Marura- informele nedersetting in Katutura na wat verneem word met 'n byl aangerand.

Die verdagte het homself glo ook met die byl gekap voordat hy in sy voertuig gevlug het.

Hy het vermoedelik homself met 'n tou aan 'n boom in die Okapuka-­omgewing opgehang.

Die byl en sy voertuig is naby hom gevind. Die vrou is in 'n ernstige ­toestand in die Katutura-staats­hospitaal opgeneem.

Saterdag is 'n man (30) in die Matu­tura-nedersetting by Swakopmund in hegtenis geneem ná hy glo sy vrou (27) probeer versmoor het.

Die man het die vrou glo ná 'n ­bakleiery met 'n kombers probeer versmoor.

Hy het ook na wat verneem word N$8 000 se skade aan die eiendom aangerig.

Die man is in hegtenis geneem.

Soortgelyk

 

Hoofstad onder inperking

12 ure gelede | In beeld

Lang rye mense staan Dinsdag voor winkeldeure in die hoofstad se winkelsentrums om een vir een ingelaat te word. Dít omdat hoktydregulasies die getal mense...

Te min Covid-19-toetsstelle, ventilators

12 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 in Namibië sluit in ’n gebrek aan ten volle toegeruste isolasiegeriewe in die streke...

Noodmaatreëls geld reeds landswyd

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gisteroggend by navraag bevestig die Namibiese regering se Covid-19-noodmaatreëls is reeds op die hele land...

‘Trokdrywers ’n nasionale bate’

12 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – “Ons drywers is nou ons belangrikste bate en ons moet na hul welsyn omsien. Soos dinge nou aangaan, kan dit vir hulle...

Weer, Woensdag 1 April 2020

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en warm weer met verspreide donderbuie in die noordelike en sentrale dele van die land. Geïsoleerde tot verspreide donderstorms word op plekke...

Otjiwarongo reg vir Covid-19

12 ure gelede | Plaaslik

Augetto GraigOtjiwarongo is hard besig met voorbereidings om die nuwe ­coronavirus by die horings te pak. Die sakeleier mnr. Theo Borstlap en plaaslike apteker mnr....

Vyf huurvlugte neem Europeërs na Duitsland

12 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - ’n Totaal van 2 039 Europeërs en Britte wat in Namibië met vakansie was of hier werk, het sedert die naweek op...

‘Koop asseblief bedagsaam’

12 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh – Kort voor Namibië se Khomas- en Erongostreek gehok is, was supermarkte en apteke in die hoofstad ’n stormloop van paniekerige kopers. Dít...

Hulp vir bejaardes

12 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Mnr. Deon de Waal (58) het ’n beroep op sosiale media gedoen dat mense bo 70 wat tans midde die coronakrisis hulp...