Vier mense in kwarantyn toets positief
Henriette Lamprecht – Vier mense in kwarantyn het positief vir Covid-19 getoets en bring die aantal bevestigde gevalle in Namibië op 76 te staan.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is drie van die nuwe gevalle (nommers 73 tot 75) Indiese vroue wat op 17 Junie Namibië binnegekom en in kwarantyn geplaas is.
Geval 76 is ’n 21-jarige man en ’n kontak van gevalle 27, 28, 29. Tot op hede is 7 740 weefselmonsters getoets waarvan 187 Dinsdag getoets is. Tans word 318 aktiewe kontakte gemonitor en is 684 mense in kwarantyngeriewe oral in die land.
Woensdagaand het Shangula vyf nuwe gevalle in Walvisbaai aangekondig, waarvan vier geen kontak met ’n bevestigde geval gehad nie.
Gevalle 68 tot 71 is almal Namibiese burgers van Walvisbaai. Nommer 71 is ’n 42-jarige vrou met verwante simptome en geval 72 is ’n 51-jarige man met geen kontak met ’n bevestigde geval en ook geen simptome nie.
Geval 70 is ’n 59-jarige vrou met geen kontak met ’n bevestigde geval en Covid-verwante simptome.
Geval 69 is ’n 45-jarige vrou met verwante simptome en geen kontak met ’n bevestigde geval nie.
Geval 68 is ’n 41-jarige vrou met geen kontak met ’n bevestigde geval nie. Sy toon wel die verwante simptome.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie