Vier mans vas oor onwettige wapens
Vier mans is die naweek by 'n padblokkade by Otjiwarongo met onwettige vuurwapens en ammunisie in 'n voertuig vasgetrek.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is 'n sedan Saterdag omstreeks 08:45 by die padblokkade deursoek. Twee AK-47-gewere, hul magasyne en ammunisie, asook 10 patrone van 'n masjiengeweer vir skerpskutters wat onder die voorste en agterste buffers weggesteek is, is deur die polisie gevind.
Twee verdagtes is 26 jaar oud en die ander twee is onderskeidelik 37 en 35 jaar oud. Hulle is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.
Foto Wikipedia

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie