Vier leerlinge van primu00eare skool toets positief vir Covid-19
Vier leerlinge van primu00eare skool toets positief vir Covid-19

Vier leerlinge van primêre skool toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Vier leerlinge van die primêre skool Gammams in Windhoek het positief vir Covid-19 getoets. Die leerlinge is deel van die 16 nuwe gevalle wat vandag aangemeld is. Uit die 16 nuwe gevalle is nege vroue en sewe mans. Die jongste is agt maande oud en die oudste is 69 jaar oud.

Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, is 12 gevalle in Windhoek en vier in Karasburg aangeteken. Muinjangue sê nog 40 mense het herstel en wel 15 in Hardap, 14 in Otjozondjupa, sewe in Khomas en vier in Erongo. Dit bring die totaal vir die land op 11 344 te staan.

Die aktiewe gevalle staan nou op 1 568 waarvan vier baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een baie ernstige en twee kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Oshana in. Die Covid-19-verwante sterftes bly op 133, tot op hede is 130 228 weefselmonsters getoets, 7 098 kontakte word gemonitor en 552 mense is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer