Vier jong meisies na bewering die naweek verkrag
Vier jong meisies na bewering die naweek verkrag

Vier jong meisies na bewering die naweek verkrag

Ronelle Rademeyer
Volgens die polisie se verslag van misdade wat die naweek aangemeld is, word die verkragtings van meisies van onderskeidelik 10, 12, 16 en 17 jaar oud ondersoek.
Die tienjarige meisie is na bewering Vrydagmiddag ná skool by die Omahenge-nedersetting naby Ongha in die Ohangwenastreek verkrag toe ’n man haar glo op pad huis toe genader het en sy hom na die mahangu-landery gevolg het.
Die tweede verkragting het om elfuur Vrydagnag by ’n woonstelblok op Gobabis plaasgevind toe die 12-jarige meisie meisie na bewering deur haar broer verkrag is waar sy voor die TV aan die slaap geraak het.
’n Paar ure later is twee meisies van 16 en 17 jaar na bewering deur twee mans verkrag nadat hulle by Blok B op Rehoboth deur die mans voorgekeur en vir geld gevra is. Die mans het hulle met messe gedreig en hulle beveel om na Blok E te loop waar hulle die meisies glo naby die Vooruitsig Laerskool verkrag het.
Al drie dié voorvalle word nog deur die polisie ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2025-06-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer