Vier in kwarantyn toets positief
Vier mense in kwarantyn het positief vir Covid-19 getoets en bring die aantal bevestigde gevalle op 76 te staan. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula is drie van die nuwe gevalle (73 tot 75) Indiese vroue wat op 17 Junie Namibië binne gekom en in kwarantyn geplaas is. Geval 76 is 'n 21-jarige man en 'n kontak van gevalle 27, 28, 29. Tot op hede is 7 740 weefselmonsters getoets waarvan 187 Dinsdag getoets is. Tans word 318 aktiewe kontakte gemonitor en is 684 mense kwarantyngeriewe oraloor in die land.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie