Vier dood, tien gewond in N-Kalifornië

Amerika
NAMPA
Die gewapende man wat amok in die Rancho Tehama-reservaat in die noorde van Kalifornië gemaak het, was uit op borgtog.

Dit nadat hy aangekla is omdat hy ‘n buurman met ‘n mes gesteek het en ‘n oproep oor huishoudelike geweld die vorige dag deur die owerhede ontvang is.

Bure sê hulle het herhaaldelik by die polisie aangemeld dat die man dag en nag honderde patrone afgevuur het.

Desondanks was Kevin Neal op vrye voet en in staat om ‘n semi-outomatiese geweer asook twee handwapens Dinsdag af te vuur en 14 mense te skiet. Vier van hulle is dood voordat hy in ‘n skietery met die polisie dood is.

Die polisie wou nie die man identifiseer nie, maar het bevestig dat dieselfde man in Januarie vir messtekery aangekla is. Die distriksprokureur het aan die Sacramento Bee gesê die man in daardie saak was Kevin Neal. – Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2025-06-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer