Vier dood in betogings in Togo
Vier mense is Woensdag in Togo dood toe veiligheidsmagte en betogers slaags geraak het.
Die betogers eis 'n einde aan die halfeeu lange bewind van die Gnassingbe-familie.
Opposisie-aktiviste betoog sedert Augustus teen die Gnassingbe-administrasie en sê 'n grondwetlike wysiging wat hy voorstel, sal hom toelaat om die Wes-Afrikaland tot 2030 te regeer.
Kol. Damehame Yark, die minister van veiligheid en burgerlike beskerming, het op 'n nuuskonferensie gesê een persoon is doodgeskiet en ongeveer 60 ander is in die hoofstad, Lome, in hegtenis geneem. Nog drie ander is weens skietwonde dood wat hulle in die land se tweede grootste stad, Sokode, opgedoen het.
“Daar is te veel sterftes. Ons sal wys wees om die vrede te bewaar,” het hy gesê.
Die jongste betogings volg op die inhegtenisneming van 'n Moslem imam Maandag in Sokode. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy volgelinge aangemoedig het om soldate te vermoor.
Die skermutselinge het daarna uitgebreek en die skare het twee soldate vermoor.
Nog 'n persoon is in ongespesifiseerde omstandighede dood, het die regering in 'n verklaring gesê. 'n Verdere 20 is beseer.
Die sterftes het massaprotes teen pres. Faure Gnassingbe laat herleef wat sy oorlede pa, Gnassingbe Eyadema, in 2005 opgevolg het.
Die betogers eis sy bedanking.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie