Vier doele kon Gladiators nie red nie
Sokker
Namibië se vrouesokkerspan se oorwinning gister teen eSwatini (tevore Swaziland) was nie genoeg om hulle tot die uitklopfase van die Cosafabekertoernooi vir vroue te laat deurdring nie.
Afrigter Brian Isaacs se Brave Gladiators het in Port Elizabeth met 4-1 teen die wenlose eSwatini geseëvier om laasgenoemde punteloos in die vierde plek in groep C te laat eindig.
Namibië se vier ligapunte (hulle het Sondag ook met 0-0 teen Uganda gelykop gespeel) was egter net goed genoeg vir die derde posisie.
Die groepwenner Uganda (7 punte) vorder dus na die halfeindronde, terwyl Zimbabwe (6 punte) steeds op hete kole moet sit en wag vir die laaste groepwedstryde vandag om te sien of hulle dalk as die beste verloorspan by die drie groepwenners vir die uitklopfase mag aansluit.
Zimbabwe was op die eerste speeldag ietwat gelukkig om Namibië met 1-0 te verslaan, maar ná ’n 3-0 wentelling teen eSwatini het die span hom gister met 2-1 teen Uganda vasgeloop.
Twee van Namibië se doele gister is deur Ndapewa Katuta aangeteken, naamlik in die 33ste en 90ste minute. Kylie van Wyk (sesde minuut) en Lovisa Mulunga (42ste minuut) het ook tot die voorsprong van 3-1 met rustyd bygedra.
Die groepfase word vandag afgesluit met twee wedstryde in groep B (Zambië teen Mosambiek en Kameroen teen Lesotho).
Die halfeindstryde word komende Donderdag gespeel, met die bronsfinaal die volgende dag. Die toernooi word Saterdag met die eindstryd afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie