Videou2019s van NDF-lede verbode
Videou2019s van NDF-lede verbode

Video’s van NDF-lede verbode

’n Video van weermag- of polisielede in die uitvoering van hul pligte kan lede vir moontlike wraakaanvalle identifiseer, sê die ministerie.
NAMPA
Die ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie foto’s van lede van die Namibiese polisie of die weermag (NDF) te neem wanneer hulle met die uitvoer van hul pligte besig is nie.

Die minister van verdediging, mnr. Penda Ya Ndakolo, het dié waarskuwing in die Nasionale Vergadering (NV) tydens die bespreking van ‘n verslag oor mnr. Benesius Kalola (32) se dood gerig.

Kalola is dood ná hy op 5 September glo deur ‘n NDF-lid tydens Operasie Kalahariwoestyn in Windhoek se Enkelkwartiere geskiet is.

“Om ‘n video van NDF- of Nampol-lede in aksie te neem, is verbode omdat dit gevaarlik is. So ‘n video kan gebruik word om lede te identifiseer vir moontlike wraak of enige ander misdadige oorwegings. Die video’s kan gedokter word en om allerhande verkeerde redes gebruik word,” het Ya Ndakolo gesê.



Hy het gesê daar is geen doelbewuste beleid of opdrag van die weermaghoof om onskuldige burgerlikes dood te skiet nie.

Volgens hom het die feit dat sekere mense nie hul samewerking gee nie tot skietvoorvalle gelei.

‘n Man (21) is verlede maand tydens ‘n Operasie Kalahariwoestyn-patrollie op Walvisbaai geskiet.

Hy was na bewering by ‘n rooftog betrokke. Volgens die minister moet die publiek en die veiligheidsmagte saamwerk om die mense en hul eiendom se veiligheid suksesvol te verseker.

Ya Ndakolo sê die ministerie is spyt oor die skiet van twee burgerlikes omdat dit die verkeerde boodskap aan die algemene publiek uitstuur oor die operasie wat ten doel het om mense en hul eiendom te beskerm.

Hy het gesê Kalola is geskiet omdat hy geweier het om sy selfoon te oorhandig, wat hy na bewering gebruik het om NDF-lede wat deel van Operasie Kalahariwoestyn was in die uitvoer van hul pligte af te neem.

Lede van die operasie was besig met roetinepligte in Khomasdal waar hulle ‘n verdagte dwelmhandelaar met dagga in sy voertuig by ‘n karwasplek gekry het.

Die verdagte is ondervra en het die patrolliespan na die verskaffer van die dagga gelei.

“’n Soektog is deur die patrollie van stapel gestuur wat tot drie verdagtes se inhegtenisneming gelei het, wat daarvan verdink word dat hulle in dwelms handel dryf en dit ook in hul besit gehad het. Dit was tydens dié soektog wat die patrolliespan Kalola opgemerk het waar hy besig was om ‘n video met die selfoon te maak. Twee NDF-lede en ‘n Nampol-lid is opdrag gegee om te verseker Kalola wis die video uit.

“Hy het besluit om eerder op die vlug te slaan. Lede het hom agternagesit en ‘n skoot is afgevuur. Dit het hom in die rug getref en hy het geval,” sê die minister.

Kalola is drie ure later in die Katutura-staatshospitaal dood.

’n Moordsaak is teen ’n NDF-lid geopen.

Borgtog is geweier. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!