Video versprei soos ’n veldbrand
Tanja Bause – ’n Video wat deur me. Bertie de Villiers gemaak is toe haar man, Kiewiet, met haar en sy Land Cruiser deur ’n pan vol water gery het, het vinnig in die sosiale media versprei.
By tye het die water oor die enjinkap geloop, maar hulle het veilig aan die anderkant uitgekom, al het Bertie in ’n stadium gesê: “My hartjie raak nou klein.”
Die egpaar boer naby Koës en was vanaf Stampriet op pad huis toe toe hulle op die pan vol water afgekom het.
Die pan is tussen die plaas Zonderloop en Aukamp geleë.
Volgens me. Hester de Villiers, ’n skoondogter, het haar skoonma gesê sy het in haar hele lewe nog nie sulke water gesien nie.
Bertie het die video geneem en op ’n familiegroep aangestuur.
Hester het die video op Facebook gelaai omdat haar skoonouers nie aktief op sosialemediaplatforms is nie.
“As ek geweet het die video sou so vinnig versprei, het ek baie harder gebid want dit is al wat ek gedoen het,” het Bertie op die groep gesê.
Volgens Hester ken haar skoonpa die pad uit sy kop uit en sou hy nooit iets onverantwoordeliks doen nie.
“Die pad is gelig en dit was baie belangrik dat hy in die middel en op die pad bly. As hy van dit afgery het sou hulle gesink het,” het Hester gesê.
“Hy ken die pad en hy ken sy Cruiser.”
DIEP WATERS
Kiewiet het gesê voordat hy in die water gery het, het hy vir die Here gesê: “Liewe Jesus, Jy het die water gestuur en Jy moet my nou deur dit kry.”
“En toe het hy ‘gegooi’,” het sy skoondogter gesê.
Op die video hoor ’n mens hoe Kiewiet vir sy werker agter op die Cruiser vra: “Hoe lyk dit? Moet ons maar gaan?”
“Moet jy nie eers deurloop nie?” vra Bertie.
Die man antwoord nee, ons kan maar gaan en dit is wat hulle toe gedoen het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie