Veteraan-vlugtelinge hou VN aanspreeklik
Yochanaan Coetzee - Veterane van die stryd om onafhanklikheid het gisteroggend ''n optog na die Verenigde Nasies (VN) se hoofkantoor in Windhoek gehou, waartydens hulle ''n klagskrif oorhandig het wat die organisasie daarvan beskuldig dat dit nie aan hul plig teenoor gerepatrieerde Namibiese vlugtelinge voldoen het nie.
Honderde bejaarde veterane het voor die VN se hekke saam met hul afstammelinge en lede van die strydkinders betoog. Die groep sê dat die VN verantwoordelik is vir die bestaan van die strydkinders, asook die "moedelose lewe wat hulle voer", omdat hulle nie voldoende hervestig en gerehabiliteer is ná hul terugkeer na Namibië ná die oorlog nie.
Die groep dring daarop aan dat die VN se Hoë Kommissariaat vir Vlugtelinge (UNCHR) volgens die VN se Resolusie 435, verantwoordelik was om gerepatrieerde vlugtelinge te hervestig en te rehabiliteer. Tot nou het hulle nie veel meer as ''n matras, N$10 en ''n kospakkie ontvang nie.
“Ons het ons hele jong lewe geveg sonder om ordentlike opleiding te kry. Baie van ons was oud toe ons teruggekom het en ander was beseer in die stryd en sukkel al van daardie tyd af om werk te kry,” het mnr. Ueshitile Shekupe, voorsitter van die groep, gesê.
“Waarheen moes ons gaan en hoe moes ons sonder bystand in die samelewing terugkom? Die VN het ''n begroting gehad vir ons hervestiging en rehabilitasie en ons wil weet wat van dié geld geword het. Omdat hulle nie hul plig kon uitvoer nie, sal dit net redelik wees dat hulle vir ons die geld gee sodat ons onsself kan hervestig,” het hy gesê.
Die hoof van die VN in Namibië, me. Anita Kiki Gbeho, was nie beskikbaar om die klagskrif te ontvang nie. Die groep het nietemin gevra dat die VN vir hulle binne die volgende twee weke ''n antwoord moet gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie