‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

Prokureur meen polisie misbruik magte

22 May 2020 | Misdaad
Francoise Steynberg

Die blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of verkoop daarvan nie.

’n Bekende Windhoekse prokureur, mnr. Eben de Klerk van ISG Namibia, sê die polisie en die ministerie van justisie “maak hul eie wette op” in hierdie verband.

De Klerk sê dit blyk of die Namibiese polisie (Nampol) staande instruksies het om soortgelyke inhegtenisnemings te maak, boetes uit te reik en drank wat vervoer word by padblokkades landswyd te konfiskeer.

Hy het Woensdag ’n sterk bewoorde brief aan verskeie owerhede gestuur nadat ’n kliënt van hom se drank Dinsdag omstreeks 16:00 by ’n padblokkade op die B1-hoofweg suid van Windhoek gekonfiskeer is nie.

Die brief is per hand én e-pos aan die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, gestuur, asook per hand aan die Windhoekse stadspolisiehoof Abraham Kanime, minister van justisie, me. Yvonne Dausab, en die ombudsman, adv. John Walters.

Volgens De Klerk het sy kliënt met 36 biere en ’n bottel wyn vanaf sy huis by Oanobdam, noord van Rehoboth, na Windhoek gereis toe die voorval plaasgevind het.

“’n Onbekende polisieman het my kliënt gevra of hy drank vervoer en hy het dit bevestig. Die polisieman het hom beveel om sy voertuig ‘weg van die kameras’ te verskuif, wat my kliënt gedoen het,” het De Klerk gesê.

"My kliënt was agterdogtig oor die polisieman se motiewe en het ’n video van hom met sy selfoon gemaak. Die polisieman het dit gesien en het só aggressief geraak dat my kliënt die video uitgevee het.

“Die polisieman het my kliënt se foon geneem en seker gemaak dat die video uitgevee is.”

De Klerk sê die polisieman het die Windhoekse stadspolisie gebel om sy kliënt te kom haal, waarna 'n stadspolisiebeampte en twee persone geklee in vermoedelik spesialemagte-uniforms aangekom het.

Sy kliënt is toe deur die stadspolisiebeampte beveel om na die Windhoekse polisiestasie te ry waar sy kliënt glo voorgestel het dat die polisie sy werker by Oanob bel wat gehelp het om die drank in sy voertuig te laai.

“Die polisie het geweier en aangevoer dat dit die kliënt se plig is om sy onskuld te bewys. Die stadspolisiebeampte het aan my kliënt ’n dagvaarding uitgereik om in die hof te verskyn en sy drank is deur ’n Nampol-beampte gekonfiskeer.

“Op grond van die aangehegte boete is dit duidelik dat die polisie my kliënt met N$2 000 beboet het, maar geen hofdatum is verskaf nie.”

De Klerk sê om drank te vervoer, is nie ’n misdaad nie, slegs die koop of verkoop daarvan.

Hy meen sy kliënt is deur die polisieman by die padblokkade geïntimideer en het geen reg gehad om sy kliënt se foon te neem nie.

“Dit is ’n ernstige skending van sy grondwetlike reg, sy inhegtenisneming was onregmatig en dit was ’n ernstige misbruik van polisiemagte.”

Volgens De Klerk het die Nampol-beampte geweier om ’n lys van die items waarop beslag gelê is, te gee of sy naam of polisienommer te verskaf.

Hy sê as skriftelike terugvoering van die owerhede hom nie teen 27 Mei bereik nie, sal verdere regstappe volg.

“My kliënt sal die hulp van die burgerlike samelewing versoek, want hierdie kwessie dui op die misbruik van polisiemagte en die growwe ontkenning van die publiek se grondwetlike regte wat alle Namibiërs raak,” het De Klerk gesê.

Dausab het gister aan Republikein gesê sy het nog nie die brief ontvang nie en wil dus nie kommentaar lewer nie. Ndeitunga en Kanime het nie hul selfone beantwoord nie.

Gisteroggend het die verkeersvloei seepglad by die padblokkade by Karibib verloop en voertuie is nie deursoek is nie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Seaflower: Fishcor skuld ons N$255 miljoen

3 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Die kontrak tussen Seaflower Pelargic Processing (SPP) en die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor) vir ’n jaarlikse maasbankerkwota van 50 000...

Weer vir 24 September 2020

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noorde en Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot...

Kankergevalle in Namibië bly toeneem

3 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – 'n Gemiddeld van 3 560 gevalle van kanker is jaarliks in die tydperk 2015 tot 2017 in Namibië aangemeld.Tussen 2010 en 2017...

Moedige stryd teen Okahandja-brand

3 ure gelede |

Elvira Hattingh – Boere in die Okahandja-omgewing het gister teen saktyd nog moedig 'n brand bestry, wat deur mnr. Jan Balt as “buite beheer” beskryf...

Otjiwarongo se plan vir versnelde grondtoekenning

3 ure gelede | Infrastruktuur

Ester Kamati op Otjiwarongo Vanweë die toenemende kommer oor die agterstand met die toekenning van grond vir veral middel- tot lae-inkomste-werkers in Otjiwarongo, is ’n...

Voorval by Windpomp 14 opgeklaar

3 ure gelede | Gemeenskap

Leandrea Louw op Swakopmund – Die Windpomp 14-kampterrein buite Swakopmund was die middelpunt van ’n hewige debat op sosiale media die afgelope naweek. ’n Individu...

Waak teen skelms se Covid-streke

3 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – TransUnion, die wêreldwye inligtingsonderneming in Namibië bekend vir hul skuldswartlysstelsel (ITC), waarsku teen Covid-19-verwante skelmstreke wat Namibiërs in die visier het.Volgens me....

Skuldinvordering op Otji onder loep

3 ure gelede | Regering

Ester Kamati op Otjiwarongo - Otjiwarongo se munisipaliteit het in 2017 ’n span skuldinvorderaars op ’n kontrakbasis aangestel om sowat N$43 miljoen wat aan hul...

Lesersfoto's 24 September 2020

3 ure gelede | Lesersfoto's

Familie: “Dit is ’n foto van twee susters. Die een woon in Ghana en die ander een in Namibië. Beide verjaar in verskillende jare in...