‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

Prokureur meen polisie misbruik magte

22 May 2020 | Misdaad
Francoise Steynberg

Die blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of verkoop daarvan nie.

’n Bekende Windhoekse prokureur, mnr. Eben de Klerk van ISG Namibia, sê die polisie en die ministerie van justisie “maak hul eie wette op” in hierdie verband.

De Klerk sê dit blyk of die Namibiese polisie (Nampol) staande instruksies het om soortgelyke inhegtenisnemings te maak, boetes uit te reik en drank wat vervoer word by padblokkades landswyd te konfiskeer.

Hy het Woensdag ’n sterk bewoorde brief aan verskeie owerhede gestuur nadat ’n kliënt van hom se drank Dinsdag omstreeks 16:00 by ’n padblokkade op die B1-hoofweg suid van Windhoek gekonfiskeer is nie.

Die brief is per hand én e-pos aan die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, gestuur, asook per hand aan die Windhoekse stadspolisiehoof Abraham Kanime, minister van justisie, me. Yvonne Dausab, en die ombudsman, adv. John Walters.

Volgens De Klerk het sy kliënt met 36 biere en ’n bottel wyn vanaf sy huis by Oanobdam, noord van Rehoboth, na Windhoek gereis toe die voorval plaasgevind het.

“’n Onbekende polisieman het my kliënt gevra of hy drank vervoer en hy het dit bevestig. Die polisieman het hom beveel om sy voertuig ‘weg van die kameras’ te verskuif, wat my kliënt gedoen het,” het De Klerk gesê.

"My kliënt was agterdogtig oor die polisieman se motiewe en het ’n video van hom met sy selfoon gemaak. Die polisieman het dit gesien en het só aggressief geraak dat my kliënt die video uitgevee het.

“Die polisieman het my kliënt se foon geneem en seker gemaak dat die video uitgevee is.”

De Klerk sê die polisieman het die Windhoekse stadspolisie gebel om sy kliënt te kom haal, waarna 'n stadspolisiebeampte en twee persone geklee in vermoedelik spesialemagte-uniforms aangekom het.

Sy kliënt is toe deur die stadspolisiebeampte beveel om na die Windhoekse polisiestasie te ry waar sy kliënt glo voorgestel het dat die polisie sy werker by Oanob bel wat gehelp het om die drank in sy voertuig te laai.

“Die polisie het geweier en aangevoer dat dit die kliënt se plig is om sy onskuld te bewys. Die stadspolisiebeampte het aan my kliënt ’n dagvaarding uitgereik om in die hof te verskyn en sy drank is deur ’n Nampol-beampte gekonfiskeer.

“Op grond van die aangehegte boete is dit duidelik dat die polisie my kliënt met N$2 000 beboet het, maar geen hofdatum is verskaf nie.”

De Klerk sê om drank te vervoer, is nie ’n misdaad nie, slegs die koop of verkoop daarvan.

Hy meen sy kliënt is deur die polisieman by die padblokkade geïntimideer en het geen reg gehad om sy kliënt se foon te neem nie.

“Dit is ’n ernstige skending van sy grondwetlike reg, sy inhegtenisneming was onregmatig en dit was ’n ernstige misbruik van polisiemagte.”

Volgens De Klerk het die Nampol-beampte geweier om ’n lys van die items waarop beslag gelê is, te gee of sy naam of polisienommer te verskaf.

Hy sê as skriftelike terugvoering van die owerhede hom nie teen 27 Mei bereik nie, sal verdere regstappe volg.

“My kliënt sal die hulp van die burgerlike samelewing versoek, want hierdie kwessie dui op die misbruik van polisiemagte en die growwe ontkenning van die publiek se grondwetlike regte wat alle Namibiërs raak,” het De Klerk gesê.

Dausab het gister aan Republikein gesê sy het nog nie die brief ontvang nie en wil dus nie kommentaar lewer nie. Ndeitunga en Kanime het nie hul selfone beantwoord nie.

Gisteroggend het die verkeersvloei seepglad by die padblokkade by Karibib verloop en voertuie is nie deursoek is nie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Fishrot: Geen borg, eis ACC

8 ure gelede | Howe

Jemima Beukes Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.Sowat...

Air Nam se vlerke geknip

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en...

Weer vir 9 Julie 2020

8 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en nat toestande word Vrydag en Saterdag in die Suide en Weste verwag. Baie koue toestande word oor die suidelike, sentrale en oostelike...

Munisipale werkers betoog oor kontrakte

8 ure gelede | Regering

Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu,...

Itula se partyplanne op dreef

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se...

Pasgebore baba toets twee keer negatief

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - 'n Pasgebore baba wat die naweek aanvanklik as Namibië se geval 362 van Covid-19 aangemeld is, het twee keer daarna negatief vir...

Bibbernaweek, reën voorspel

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik vir koue weer wat reeds van vandag af in die Weste verwag word.Terselfdertyd sal koue,...

Staat wil appelleer teen uitspraak oor arbeidsreëls

8 ure gelede | Regering

Ronelle RademeyerDie staat is voornemens om appèl aan te teken teen die volbank-uitspraak twee weke gelede waarin bevind is die Covid-19-arbeidsregulasies is ongrondwetlik en gevolglik...

Windhoek se vullis drom op

8 ure gelede | Regering

Denver KistingDae nadat die Windhoek-munisipaliteit (CoW) moes toegee hy is sy inkomste uit parkeermeters kwyt, het dié plaaslike owerheid erken hy het ook tans geen...