Vervaardiging blý wind van voor kry
Die afgelope kwartaal se swak vertoning is hoofsaaklik vanweë voedsel- en drankproduksie wat met 13,4% en 3,7% onderskeidelik geval het.
Jo-Maré Duddy
Die vervaardigingsektor in Namibië het in die derde kwartaal vanjaar 2,5% minder mense in diens gehad as in dieselfde kwartaal in 2015, sê die Bank of Namibia (BoN).
Terselfdertyd het werkgeleenthede ook met 1,1% teenoor die tweede kwartaal vanjaar gekrimp, luidens die sentrale bank se jongste ekonomiese bulletin.
Die bedryf se totale salaris- en loonrekening het met 7,2% teenoor die derde kwartaal in 2015 gestyg, terwyl dit op 'n kwartaalgrondslag 1,6% hoër was.
Vervaardiging se eenheidskoste van arbeid in die afgelope kwartaal was 6,5% méér as in die ooreenstemmende kwartaal in 2015. Vergeleke met die tweede kwartaal vanjaar het dit met 3,9% gestyg.
Hoër salarisse en lone is nie alleen vir dié styging verantwoordelik nie, sê die BoN. Dit kan ook toegeskryf word aan die “afname in produksie per werker, wat nadelig vir die mededingingsvermoë van die land se vervaardigingsektor is”, sê die sentrale bank.
Die BoN se syfers weerspieël die opdraande stryd van vervaardiging die afgelope paar jaar.
Volgens die Namibië Statistiekagentskap (NSA) het die sektor in die derde kwartaal vanjaar met -5,3% op 'n jaargrondslag gegroei. In die tweede kwartaal het dit met 8,5% ingekrimp. Tot dusver vanjaar kon die sektor nog net in die eerste kwartaal positief groei – met 5,6%.
Die afgelope kwartaal se swak vertoning is hoofsaaklik vanweë voedsel- en drankproduksie wat met 13,4% en 3,7% onderskeidelik geval het. Koeldrankproduksie was 5,6% laer as in die derde kwartaal in 2015, terwyl 1,1% minder bier gebrou is.
Waterbeperkings en 'n verlangsaming in die Angolese mark was hiervoor verantwoordelik. Vanweë waterbeperkings het Namibia Breweries (NBL) van hul bierproduksie na hul Sedibeng-brouery in Gauteng verskuif.
Vervaardiging was die hele 2015 in 'n resessie gedompel en het elke kwartaal negatiewe groei getoon.
Dié sektor het verlede jaar met 6,6% ingekrimp.
In 2014 het vervaardiging net een kwartaal van positiewe groei beleef. Vir die hele jaar het die sektor met 2,1% ingekrimp.
Vervaardiging kon laas in 2011 in al vier kwartale positiewe groei toon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie