Vertrou om hemelsnaam die wetenskap
Vertrou om hemelsnaam die wetenskap

Vertrou om hemelsnaam die wetenskap

Ronelle Rademeyer
Pro-wetenskap van ­Windhoek skryf:

Die Covid-pandemie het ons planeet anderhalfjaar gelede soos 'n vernietigende donderslag getref. Miljoene mense het reeds gesterf, en te oordeel aan die viriliteit van die variante soos die delta-mutasie kan ons verwag dat nog miljoene mense gaan sterf.

Hoekom kan antivaksers nie eenvoudig vrede maak daarmee dat die mensdom danksy een van die mees merkwaardige wetenskaplike spanpogings ooit die entstowwe in 'n veel korter tyd as normaalweg ontwikkel het nie? Daar is niks sinister daaraan nie.

Dié lande wat paraat was en eerste en teen 'n vinnige tempo hulle mense ingeënt het, keer terug na die ou normaal. Die Wimbledon-stadion sit vol mense sonder maskers. Kyk maar op TV.

Ons het te laat wakker geskrik en die prys wat ons nou betaal, is afgryslik.

Julle klomp beterweters wat nie 'n snars van die wetenskaplike proses en sy bewese rekord verstaan nie, het ons land ongelooflike skade berokken. Julle het mense weggehou van die inentingsale af.

Jan en San Alwetend, doen julself asseblief die guns en maak minder op die prinse van die samesweringsteorieë staat. Beroep julle op die koning van empiese kennis: die wetenskap.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer