Verstappen bobaas in Maleisië; Brit rek voorsprong
Motorsport
Red Bull se Max Verstappen het gisteroggend die finale Maleisiese Grand Prix gewen, met Mercedes se Lewis Hamilton kort op sy hakke.
Met dié tweede plek het die Brit sy voorsprong op Ferrari se Sebastian Vettel tot 34 punte gerek.
Die 20-jarige Verstappen, wat in die tweede plek agter Hamilton weggespring het nadat Kimi Raikkonen se Ferrari weens enjinprobleme nie aangetree het nie, het die Brit in die vierde rondte verbygesteek en voor gebly vir sy tweede GP-sege en sy eerste vanjaar.
Red Bull het ook 'n derde plek behaal, met Daniel Ricciardo agter die stuur. Vettel was vierde en moes sy pad van heel agter op die wegspringrooster oopveg nadat sy Ferrari ook enjinprobleme ondervind het.
Die uitslag beteken Hamilton het nou 'n beduidende voorsprong oor die Duitser Vettel, met vyf wedrenne wat nog beslis moet word.
Die volgende een is aanstaande naweek op die Suzuka-baan in Japan.
Dit was nie 'n goeie dag vir Ferrari nie. Vettel se renmotor het net ná die eindstreep 'n wiel verloor nadat Lance Stroll se Williams met hom kontak gemaak het.
“Dis onmoontlik,” het hy oor die aanboordradio gebrul. “Stroll het nie gekyk waar hy ry nie!”
Uitslag:
1. Max Verstappen (Nederland) Red Bull - TAG Heuer 1:30:01.290
2. Lewis Hamilton (Brittanje) Mercedes +00:12.770
3. Daniel Ricciardo (Australië) Red Bull - TAG Heuer +00:22.519. - Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie