Verspilde ammoniumnitraat op Karibib-pad opgeruim

17 June 2020 | Ongelukke
Ronelle Rademeyer



'n Opruimingswerk is steeds aan die gang op die toneel waar ammoniumnitraat uit 'n tenkwa gelek het wat Maandag­nag teen 'n stilstaande vragmotor gebots, van die pad geloop en omgeslaan het.

Die tenkwa van G&H Transport is gekontrakteur om 28 ton van dié chemiese stof vanaf AEL Intelligent Blasting in Modderfontein by Johannesburg na die Husab-uraanmyn naby Swakopmund te vervoer.

Die ongeluk het wes van Wilhelms­tal onderweg na Karibib plaasgevind. Dit blyk die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings opgedoen, waarvoor hy vir behandeling na die staatshospitaal op Usakos geneem is. Sy toestand is bevredigend.

AEL Intelligent Blasting sê in 'n verklaring minder as 10 ton van die ammoniumnitraat het uit

die tenkwa geloop waar dit sowat 10 meter vanaf die teerpad in die

veld lê.

Komm. Andreas Nelumbo, bevelvoerder van die polisie in die Erongostreek, het by navraag gesê die polisie was gister bloot in 'n waarnemende hoedanigheid op die toneel aangesien hulle nie oor die kundigheid beskik om dit op te ruim nie.

Mnr. Gunther Doll, operasionele bestuurder van AEL Mining Services in Namibië, lei die opruimingspan.

Ammoniumnitraat is 'n chemiese stof wat grootliks in die landbousektor vir stikstofbemesting gebruik word.

Die ander gebruik is vir die vervaardiging van plofstof vir veral die mynboubedryf.

Teen laat gister was die opruimingspan steeds besig om die tenkwa op te lig en te verwyder.

Die toneel sal vandag skoongemaak word, sê Doll.

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

1 uur gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

1 uur gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

1 uur gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

1 uur gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...