Verslag onthul Noordedorp se leemtes
Verslag onthul Noordedorp se leemtes

Verslag onthul Noordedorp se leemtes

'n Forensiese ondersoek het uitgewys hoe swak verhoudinge tussen raadslede, bestuurders en personeellede tot swak dienslewering en produktiwiteit in Grootfontein lei.
Yandi Du Plessis
Kenya Kambowe op Rundu



'n Ministeriële forensiese ondersoek het onthul dat politici en personeellede van die munisipaliteit op Grootfontein en hul makkers grond vir hulself toe-eien en winsgewende tenders losslaan, terwyl die munisipaliteit uitmekaar val.

Die verslag, wat ons susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het, beskryf ook hoe swak verhoudinge tussen raadslede, bestuurders en personeellede lei tot swak dienslewering en produktiwiteit en hoe erwe van eienaars afgeneem en aan munisipale werkers gegee is.

Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het in 2019 van 11 tot 29 Maart ondersoek ingestel na beweerde wanbestuur en ongerymdhede by die munisipaliteit.

In dié ondersoek was die soeklig op onder meer die administrasie van menslike hulpbronne, grondverkope en verwante aangeleenthede, finansiële bestuur en -beheer asook die implementering van kapitaalprojekte.



GRONDOOREENKOMSTE

Sedert die munisipaliteit in 2013 die ministerie se goedkeuring gevra het om erwe in Luiperdheuwel Uitbreiding 2 en Omulunga Uitbreiding 4 op tender uit te sit – wat toegestaan is – het die raad eerder die tenderproses laat vaar nadat besluit is om die grond volgens die “mediaan”-metode te verkoop.

Munisipale bronne het gesê die aansoek wat aan die ministerie gerig is, was slegs 'n rookskerm om goedkeuring te verkry, maar “die plan was nog altyd om die mediaan-metode te gebruik om te bepaal wie grond ontvang”.

Toe die destydse waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Arnold Ameb, oor dié afleiding gevra is, het hy na bewering aan die ondersoekspan gesê 'n amptenaar van die ministerie het hom mondelings ingelig dat hy die name van aansoekers moet stuur voordat goedkeuring verleen kan word.

Die verslag het uitgelig die raad het nie gebaat by die mediaan-metode wat deur die Plaaslike Tenderraad gebruik is nie, aangesien die hoogste bieërs van erwe nie noodwendig diegene was vir wie die grond aangebied is nie, maar eerder persone wat 'n laer bod ingedien het en nie in staat was om 'n deposito binne 21 werksdae te betaal nie.

Volgens die verslag sou die finansiële afdeling van die munisipaliteit ná 21 dae waartydens die deposito nié betaal is nie, die erwe terugneem en dit hertoewys aan die tweede bieërs, wat personeellede van die dorpsraad, medewerkers, sakepersone of raadslede is.

“Die tweede bieërs sou verseker hulle betaal 20% van die koopprys en sou dit tot 'n sekere vlak opbou om aan die voorwaarde van die raad te voldoen.

“Die transaksie word dan deur die raad se prokureurs afgehandel, met die voorsitter van die bestuurskomitee en die waarnemende uitvoerende hoof wat die volmag onderteken sonder ministeriële goedkeuring,” lui die verslag.



OORPLASING

Die verslag het tot die gevolgtrekking gekom die toekenning van grond deur middel van 'n private ooreenkomsstelsel het tot korrupsie gelei aangesien mense wat nie ministeriële goedkeuring gehad het nie steeds die eiendomme geregistreer en huise gebou het.

Alhoewel die name van diegene wie se erwe herroep is en diegene wat hulle vervang het aan die koerant bekend is, kon Namibian Sun nie die name van personeellede bevestig wat by die grondverkope gebaat het nie, aangesien die munisipaliteit se webwerf buite werking is.

Intussen het ondersoekbeamptes gevind 'n kontrak is aan die eggenoot van 'n raadslid toegeken om huise in die dorp te bou.

Een van die aanbevelings wat in die verslag gemaak word, is dat die raad die onmiddellike parallelle oorplasing van mnr. Serrin Shetukana van die eiendomskantoor moet oorweeg. Shetukana is na bewering getroud met 'n ontwikkelaar wat huise op Grootfontein bou, wat tot 'n botsing van belange gelei het.

Pogings om kommentaar van mnr. Kisco Sinvula, die uitvoerende hoof van Grootfontein, te verkry, was onsuksesvol en vrae wat aan die woordvoerder gestuur is, was ook onbeantwoord. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.52/OZ DOWN -0.0097 | Copper US$ 4.73/lb UP +2.68% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.84/BBP UP +0.99% | Platinum US$ 1 000.94/OZ UP +0.78% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.52/OZ DOWN -0.0097 | Copper US$ 4.73/lb UP +2.68% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.84/BBP UP +0.99% | Platinum US$ 1 000.94/OZ UP +0.78%