Verskillende sportsoorte
Ronel Slippers skryf:
Aangaande die berig in Republikein van Donderdag 2 Junie 2016 onder die opskrif “Vrouespan opgewonde oor WB-toer”, wil ek graag ’n paar punte onder u aandag bring.
Die Namibiese span waarvan hier gepraat word, is ’n span wat gekies is om deel te neem aan “Saddle Seat Equitation”. Hierdie sport is nie slegs beperk tot Amerikaanse saalperde nie, maar dit kan perde van enige ras wees wat ’n hoë knie-aksie het en met ’n hoë nekset ry. Friesperde, Boerperde, Morgans en Arabierperde is geskik vir “Saddle Seat Equitation”.
Om van saalperdryers te praat, is ’n veralgemening wat ander ruiters en eienaars wat met Amerikaanse saalperde teel, afrig en aan skoue deelneem, ook raak en om bloot te noem dat saalperdry ’n insinking beleef het die afgelope dekade is na my mening presies die teenoorgestelde van wat gebeur het.
GROOT BELEGGINGS
Ruiterkuns (“Saddleseat Equitation”) mag dalk ’n insinking beleef het, maar nie saalperdry as sulks nie. Nadat die fasiliteite by die Windhoek skouterrein onbeskikbaar geraak het, het ander rolspelers en van die lede van die Namibiese Saalperdvereniging vir baie jare en met baie privaat geld, gespook om geskikte skouterreine vir die deelnemers en eienaars te vind, waar ons steeds kon voortgaan om die saalperd as ras te vertoon.
Daar is ’n privaat perseel in Brakwater waar ’n skouterrein beskikbaar gemaak is vir die saalperde, wat die afgelope paar jare reeds gebruik word vir afrigtingskursusse, streekskoue asook die Nasionale Kampioenskappe. Op hierdie terrein word ook afrigting van saalperde gedoen, maar dit word ook gebruik vir die afrigting van ander perde en ander sportsoorte. Daar is ook ander privaatgronde in en om Windhoek, waar die afrigting van saalperde plaasvind, asook die afrigting van ruiterkuns op saalperde en ander rasse.
Omrede “Saddleseat Equitation” nie ras-spesifiek is nie en alhoewel dit op die huidige oomblik onder die vaandel van die Namibiese Saalperdvereniging (NSV) gedoen word, is dit aanbeveel deur die president van ESSASA in Suid-Afrika, en reeds deur die Namibiese Uitvoerende Komitee van die NSV besluit, dat Saddle Seat Equitation sal moet afstig van die NSV en as ’n aparte liggaam moet funksioneer, met sy eie grondwet en bestuur, aangesien dit twee verskillende sportsoorte is en die saalperd as ras nie die basis is van “Saddleseat Equitation” of ruiterkuns in die algemeen nie.
Die aantyging dat saalperdry ’n insinking beleef het impliseer aan die publiek dat die saalperd as ras en dus die lede van die Namibiese Saalperdvereniging, asook die borge wat die afgelope paar jaar verskeie skoue ondersteun het, besig was met ’n dooie bedryf, wat glad nie die geval is of was nie. Dit is duidelik uit die goeie uitslae wat behaal word deur Namibiese saalperde wat deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe die afgelope paar jare. Dit is ook duidelik uit die toename in getalle van saalperde wat jaarliks deelneem aan skoue.
Duidelike onderskeid
As lid van die NSV sal ek dit waardeer as daar nou en in die toekoms duidelik onderskeid gemaak word tussen saalperdryers, die saalperdbedryf en “Saddleseat Equitation”, aangesien dit twee verskillende sportsoorte is met die dryfveer vanuit heeltemaal verskillende oogpunte. Stel die saak asseblief onverwyld reg.
Indien daar gepraat word van die ruiterkunsspan, hou dit by “Saddleseat Equitation”, en los die veralgemeende woord “saalperdryer”. Daar is baie saalperdryers en saalperdeienaars wat geensins belangstel in “Saddleseat Equitation” nie. Daar is ook baie ruiters wat ruiterkuns (equitation) beoefen, maar nie “Saddleseat Equitation” nie, dis weer eens twee verskillende sportsoorte.
Hierdie veralgemenings oor saalperde beïnvoed die borge, lede van die NSV, asook lede van die publiek wat belangstel in die saalperd as ras en die saalperde van Namibië ondersteun, negatief en sal stopgesit moet word.
By voorbaat dank.
(Republikein is die afgelope Donderdag deur verskeie persone wat vuur en vlam oor saalperdry en die saalperdbedryf is, gewys op die verkeerde terme wat in die berig gebruik is. Geen skade was bedoel nie. Die terme is dieselfde dag in alle aanlynweergawes verander na ruiterkuns. Die koerant vra om verskoning vir die fout. - Redakteur)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie