Verskeie dood, kinders vermis ná brand in sentrum
'n Brand in 'n win
Die owerhede in Rusland vrees dat tot 100 mense Sondag dood is nadat 'n brand in 'n winkelsentrum in die Siberiese stad Kemerowo uitgebreek het. Verskeie kinders word ook vermis.
Owerhede het gesê dat die dood van 48 mense al bevestig is weens die brand wat Sondag in die Winter Cherry-winkelsentrum uitgebreek het, berig Reuters.
Dit is een van die grootste tragedies in Rusland tot nog toe sedert die val van die Sowjetunie 27 jaar gelede.
'n Woordvoerder van die brandweer het aan die Russiese nuusagentskap Tass gesê dat die brand in 'n speelarea op die boonste verdieping van die sentrum uitgebreek het en sowat 1 600 vierkante meter verwoes het.
Volgens die MailOnline het mense uit die vierverdiepinggebou gespring in 'n poging om van die vlamme te ontsnap.
Volgens CNN sê die brandweer 69 mense, van wie 40 kinders is, is steeds vermis. Tass het vroeër bevestig dat die winkelsentrum 'n teater, fliekteater, kindersentrum en dieretuin insluit.
The Guardian berig op sy beurt dat sowat 120 mense uit die brandende sentrum ontruim is.
“Die winkelsentrum was Sondagmiddag stampvol. Niemand weet presies hoeveel mense daar was toe die brand uitgebreek het nie,” sê Aleksandre Eremejef, van die Russiese nooddienste, in 'n verklaring. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie