Versigtig met toerisme
LIRETHA JORDAAN VAN HENTIESBAAI SKRYF:
Oor die oopmaak van ons grense vir internasionale toeriste: Hoe gaan bewys word dat dit toeriste is en nie net mense wat uit hulle lande probeer wegkom omdat ons syfers so laag is nie?
My oplossing aan die regering hieroor is dat besoekers deur middel van 'n toerplan met bewys van betalings aan akkommodasie-instellings waar oornag gaan word, moet voorsien saam met 'n ID-dokument ten minste sewe werksdae voor die reis na Namibië begin. Dit sal die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme en plekke van besoek in staat stel om rekords voor te berei van besoekers, wat insluit die neem van temperatuur met aankoms, by blyplekke en elke dag van verblyf en ook met vertrek vanaf daardie punt.
Ek hoop hierdie saak kry aandag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie