Versekering vir troeteldiere
Die meeste huishoudings beskou hul troeteldiere as deel van die familie, met manlief wat in sommige gevalle maar net moet besef dat die Maltese poedel meer voorregte as hy in die huis geniet.
Standard Insurance Brokers Namibia het die belangrikheid van troeteldiere se welsyn raakgesien en onlangs sy nuwe diereversekering bekend gestel. Dit beoog om bystand aan troeteldiereienaars met die betaling van veeartsrekeninge en ander kostes van troeteldiere te bied.
Die Paws and Claws-versekering, wat tot drie van jou troeteldiere kan dek en deur Alexander Forbes onderskryf is, kan vir slegs N$200 per maand by Standard Insurance Brokers gekry word.
“Jy kan deur hierdie versekeringsplan die lewe van jou geliefde troeteldier red of verleng met die beste veeartsenykundige sorg, sonder om ingeperk te word deur jou huidige begrotingbeperkings,” sê Juanita Lamprecht, besturende direkteur van Standard Insurance Brokers Namibië.
Kliënte kan tussen standaarddekking of dekking teen ongelukke kies, wat beide 'n maksimum eis van N$5 000 per voorval en onderskeidelik N$30 000 en N$10 000 jaarliks het.
Die standaarddekking sluit 'n ongelukspolis, hospitaalkoste, medisyne, X-strale, verwysings, konsultasies, jaarlikse inentings, ontwurming, chirurgie (tandheelkunde ingesluit) in asook akkommodasie of oornagkoste vir beide honde en katte van maksimum N$30 per dag indien die dier vir meer as drie dae gehospitaliseer word.
Dekking vir ongelukke sluit motorongelukke, brandwonde of skok deur elektrisiteit, gebreekte bene, frakture, skeur- of skaafwonde, ligament- of seningbeserings, slangbyte of beserings wat deur val of ander diere veroorsaak is en allergiese reaksies in.
Die eerste twee maande kan lede egter geen eise instel nie. Die dekking van dood, enige kwaadwillige daad teenoor jou troeteldiere, doelbewuste toedien van 'n besering of growwe nalatigheid, 'n dier wat ouer is as agt jaar en enige bestaande toestande of siektes by troeteldiere sal nie gedek word nie
Tensy 'n ander ooreenkoms met die versekeringsverskaffer getref is, word die volgende eise nie gedek nie: Toestande wat verband hou met swangerskap of teling, behandeling van diere wat vir handelsdoeleindes gebruik word (soos waghonde), opleiding en behandeling van diere met gedragsprobleme en behandeling deur 'n veearts wat nie geregistreer is nie.
“As jy troeteldiere het, gaan jy op 'n daaglikse basis verras word, wat goeie en slegte verrassings insluit. Dit kan soentjies van jou troeteldiere wees, of die ontdekking van 'n modderspoor in jou huis. Moenie toelaat dat die skielike ommeswaai van jou troeteldiere se gesondheid een van daardie slegte verrassings wees nie,” sê Lamprecht.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie