'Vernietiging wag as  gedrag nie verander'
'Vernietiging wag as gedrag nie verander'

'Vernietiging wag as gedrag nie verander'

Die noodsaaklikheid van gedragsverandering midde-in die fel tweede golf is deur die gesondheidsminister beklemtoon.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het ­gisteroggend by Staatshuis gepleit dat Namibiërs hul gedrag verander en voorkom dat die land te midde van die eksponensiële styging in ­positiewe gevalle, op 'n ramp afstuur.

“Sonder radikale veranderinge in gedrag kan Namibië ­ongekende vernietiging in die gesig staar.

“Nou, meer as ooit tevore, is dit belangrik dat mense hulle gedrag verander,” was die minister se ernstige waarskuwing.

Hy was aan die woord by die 23ste Covid-19 openbare inligtingsessie, aangesien pres. Hage Geingob nog met vakansie is.

Hy sê tussen 26 Oktober en 22 November was die daaglikse infeksiekoers gemiddeld 4,7%. Tussen 28 Desember en 3 Januarie het die vyfvoudig toegeneem toe gemiddeld 24% per dag. Dit beteken uit elke 100 mense wat getoets word, is 24 positief.

Shangula sê hoewel toetse dit nog moet bevestig, word vermoed die nuwe, aggressiewer variant van SARS-CoV-2, die virus wat tot Covid-19 lei, dryf die tweede, erger golf in die land.



infeksiekoers

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) meen 'n infeksiekoers van 5% en laer is nodig om die pandemie te kan bestuur.

Anders as wat die wandelgang-gerugte dit wou hê, is weinig verander aan die regulasies wat op 23 Desember ingevolge die wet op openbare en omgewingsgesondheid afgekondig is.

Een van die wysigings wat aangekondig is, is dat alle nienoodsaaklike operasies en mediese ­prosedures uitgestel moet word in 'n poging om die druk op hospitale te verlig.

Besoeke aan hospitale word beperk tot net twee nabye familielede per besoek, en dit mag

nie langer as tien minute duur ­

nie.

Hy het wel genoem dat hoewel haar- en skoonheidsalonne, spa's, gimnasiums en swembaddens oop bly, moet beide die diensverskaffers as die klante/kliënte maskers dra en die voorgeskrewe ­maatreëls soos veilige afstande handhaaf.

Alle sportsoorte mag beoefen word, maar sonder toeskouers en met nie meer as 50 deelnemers en beamptes by 'n sportgeleentheid teenwoordig nie.

Ander samekomste, wat beperk bly tot 'n maksimum van 50 mense, mag nie langer as twee ure duur nie en nie later as 20:00 verdaag

nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-10-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer