Vermy stakings, optogte deur gesprekvoering
Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement (PDM), sê hy is bekommerd oor die toename in stakings en massa-aksie van ontevrede werknemers in die land.
Dié party het 'n beroep op werkgewers en vakbonde gedoen om gereeld met werknemers te vergader sodat teenproduktiewe optrede vermy kan word.
Mnr. Manuel Ngaringombe, die party se sekretaris-generaal, sê gereelde en suksesvolle beraadslaging en interaksie tussen werkgewers en werknemers kan stakings en massa-optrede voorkom.
Dit kan ook verhoed dat mense hul werk verloor en dat produksie by ondernemings in die slag bly.
Hy sê in 'n verklaring die PDM is bekommerd daaroor dat werkgewers in die huidige ekonomiese klimaat só op produktiwiteit fokus dat hulle maklik vergeet dieselfde uitdagings geld ook hul werknemers.
“Ons doen 'n beroep op beide partye om kennis te neem van knelpunte in die werkplek terwyl hulle aandag skenk aan winste en mense se werksbevrediging,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie