Vermoorde ma, baba gevind
Misdaad
Ester Kamati – Die lyke van 'n 32-jarige Zimbabwiese vrou en haar sewe maande oue babadogtertjie wat in Namibië gebore is, is gisteroggend 'n paar kilometer buite Otjiwarongo langs die B1-hoofpad op pad na Okahandja deur 'n beeswagter ontdek.
Die gru-ontdekking is omstreeks 08:00 aangemeld.
Die voorlopige ondersoek dui daarop dat albei vermoor is, aangesien die vrou se lyk in 'n plas bloed met 'n sigbare, ernstige kopwond gevind is. Die baba is vermoedelik ook oor haar kop geslaan.
Albei oorledenes moet nog geïdentifiseer word en die polisieondersoek duur voort.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie