Vermoedelike reeksverkragter slaan weer toe

Derde vrou in twee maande verkrag
16 November 2020 | Misdaad
Kuskantoor – Die polisie in die Erongostreek ondersoek 'n voorval waar ’n aanvaller by ’n vrou (28) se huis in Walvisbaai ingebreek het, haar met ’n vuurwapen gedreig en daarna verkrag het. Dit die derde soortgelyke geval in dié gebied.
Adj.komm. Erastus Iikuyu het die jongste voorval bevestig en gesê dit het omstreeks 03:30 in Cormorantstraat, Tutaleni, in Kuisebmond gebeur.
“Die slagoffer het geslaap toe die verdagte by haar woning ingebreek, 'n vuurwapen op haar gerig en seksuele dade sonder haar toestemming met haar gepleeg het. Die slagoffer was alleen tydens die voorval.”
Ikuyu het gesê die verdagte is nog nie geïdentifiseer nie en dat die ondersoekspan elke moontlike opsie sal ondersoek om die verdagte te identifiseer en in hegtenis te neem.
“Die verdagte word beskryf as 'n middeljarige man van medium lengte en donker van kleur. Die misdaadvoorkomingspan het die nagpatrollie in Tutaleni en Kuisebmond verskerp. Ons doen ’n beroep op gemeenskappe om waaksaam te wees.”
Die eerste vrou (28) is op 20 Oktober omstreeks 02:30 in haar huis in Bramastraat verkrag met dieselfde modus operandi as in die jongste voorval.
‘n Tweede vrou (30) is op 28 Oktober omstreeks 04:00 in haar huis in Cable Beach-straat verkrag. Beide die vroue woon alleen.
Enigeen wat oor inligting rakende die genoemde voorvalle beskik, of weet wie die verdagte is of waar hy hom bevind, word versoek om Iikuyu by 081 246 4757 of hoofinsp. Selma Shangula by 081 667 6820, insp. Ileni Shapumba by 081 297 7798 of die naaste polisiestasie te kontak.

Soortgelyk
Nege sterftes, 307 nuwe gevalle
12 ure gelede | Gesondheid
Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het
14 ure gelede | Howe
Eloïse bring dalk storms
18 ure gelede | Weer
Swakoppoortdam loop oor
1 dag gelede | Weer
Voorvaderlike eise: Alle grond benut
1 dag gelede |
Woestynrivier laat lóóp
1 dag gelede | Weer
Noorde: Té nat én té droog
1 dag gelede | Weer
Making the art of painting look easy
1 dag gelede | Mense
Shoprite steeds in die hof
1 dag gelede | Arbeid
Kleinadvertensies