Vermiste vrou gesoek
Die Namibiese poliese vra die publiek se hulp om die vermiste Apolonia Migana Shihama op te spoor.
Die 26-jarige vrou word sedert 8 April vermis ná sy van haar huis by erf 3814 Manchenstraat in Otjomuise verdwyn het. Volgens die polisie is sy ’n Oshiwambo-spreker wat ook Engels kan praat. Sy het ’n donker velkleur en dra lang, Brasilaanse hare. Sy het ook ’n silwer neusring en was laas in blou jeans met ’n swart T-hemp en swart skoene gesien. Dit word verneem dat Apolonia verstandelik gestrem is en voorheen ook weggeloop het.
Enigiemand met inligting oor waar sy mag wees, of wat kontak met haar het, word gevra om haar ma, Selma Gottrib, by 081 278 1282 of op 081 816 5607 te skakel. Inligting mag ook aan die naaste polisiekantoor verstrek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie