Vermiste kleuters van Epupa gevind
Die twee kleuters van twee en vier jaar wat Saterdagaand by die Otjivaava-nedersetting naby Epupa vermis geraak het, is gevind.
Hoofspeurinspekteur Paavo Iyambo het aan Nampa gesê die kinders is Maandagmiddag by die Omberojovahene-berge in die Okangwati-gebied gevind.
"Die kinders is lewend gevind en met hul familie herenig," het hy gesê. Hulle is na die gesondheidsentrum by Okangwati geneem waar hulle ondersoek is.
Die kinders is deur hulle ouma alleen tuis gelaat toe sy Saterdag bokke na 'n watersuiping geneem het en toe sy tuiskom, was hulle weg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie