Verminkte lyk in Zambezi-rivier gevind
Verminkte lyk in Zambezi-rivier gevind

Verminkte lyk in Zambezi-rivier gevind

Henriette Lamprecht
Die verminkte lyk van 'n man wat nog nie geïdentifiseer is nie, is Sondag in die Zambezi-rivier gekry. Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die streek, adj. komm. Evans Simasiku, is die liggaam gister omstreeks 15:00 gevind. Die liggaam het verskeie snywonde gehad en sy geslagsdele is geskend.
"Ons vermoed dit is 'n rituele moord of moontlik die handel in liggaamsdele," het Simasiku gesê.
Sondag se gruvonds volg op die liggaam van die 37-jarige Egidius Kayangula wat verlede week in die Kavango-rivier gevind is, nadat hy dit saam met 'n vriend na Angola oorgesteek het. Volgens NamPol se hoof van forensiese patologie in die Kavango-Oos, mnr. Gotfried Maritsane, is daar ooreenkomste tussen die twee liggame wat gevind is en dit beide snye gehad en hul geslagsdele verwyder of geskend is. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer