Vermeende verkragter kruip weg in berge
Ses verkragtings - waarvan drie kinderverkragtings - is die naweek by die Namibiese polisie aangemeld.
Francoise Steynberg - Wolf is skaapwagter gemaak, met drie kinders - twee meisies en een seun - wat die naweek glo verkrag is deur 'n familielid of bekende in wie se sorg hulle toevertrou is.
Katutura se beskermingseenheid vir geslagsgeweld van die Namibiese polisie vra dringend die hulp van die publiek om 'n vermeende verkragter (20) te help opspoor nadat 'n agtjarige meisie glo verkrag en haar geslagsdele vermink is.
“Die verkragting het Vrydag omstreeks 16:00 op die plaas Satan Stocht in die Windhoek-distrik plaasgevind toe 'n 20-jarige man die meisie se geslagsdele glo met 'n mes gesny en haar verkrag het,” het 'n polisiewoordvoerder, hoofinsp. Kauna Shikwambi, gesê.
Sy sê na bewering is die slagoffer en nóg 'n kind in die sorg van die verdagte gelos. Die verdagte het glo die kinders gedreig en een het weggehardloop.
“Hy het die meisie glo met 'n mes gedreig en haar probeer verkrag. Omdat hy haar nie kon penetreer nie, het hy haar geslagsdele met die mes gesny en haar glo verkrag."
Volgens Shikwambi het die verdagte, mnr. Gervin Gowanob, sedert die voorval die berge in gevlug.
"'n Soektog is in die berge wes van Windhoek van stapel gestuur, maar hy is nog nie opgespoor nie," het sy gister gesê. Volgens die polisiewoordvoerder is die meisie in 'n erg kritieke toestand in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem.
Enige iemand met inligting kan speurinspekteur Kayipiti by 081 296 2322 of die naaste polisiekantoor kontak.
“Alhoewel die verdagte nog nie in 'n hof verskyn het nie, dring die polisie daarop aan om sy naam en foto te publiseer,” het Shikwambi gesê.
'n 30-jarige oom van 'n vyfjarige meisie het haar glo Sondag tussen 13:00 en 14:00 by 'n huis op Omatjete in die Okotjoto-nedersetting in die Erongostreek verkrag.
“Na bewering het die ma haar dogtertjie en 'n tweejarige seuntjie in die sorg van hul oom gelos toe sy gaan kyk het hoe die konstruksie aan haar nuwe huis vorder,” het Shikwambi gesê. “Haar bure het haar laat weet dat haar kind bloei en toe sy by die huis kom, het haar dogtertjie vir haar vertel wat gebeur het.”
Die meisie is na die hospitaal gehaas en die verdagte het op die vlug geslaan.
BESKULDIGDE IN HOF
'n Man (28) is op Stampriet in hegtenis geneem in verband met die verkragting van 'n 11-jarige seun.
Die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardapstreek, adj.komm. Eric Clay, het gesê die voorval het Vrydag tussen 22:30 en 23:30 plaasgevind.
“Na bewering het die man die 11-jarige seun by 'n huis op Soetdoringlaagte gesodomiseer,” het Clay aan Nampa gesê.
Die verdagte, mnr. Elrico Howeka, is in hegtenis geneem en het gister in die Aranos-landdroshof verskyn.
Landdros Yvonne McLeod het die saak tot 7 Januarie 2019 uitgestel vir die beskuldigde om regshulp te bekom.
Hy is borgtog geweier en bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning. Me. Anita Likius het vir die staat verskyn.
Shikwambi het gister haar skok en afgryse oor die kinderverkagtings uitgespreek: “Waar moet ma's hul kinders veilig los? Ons kan nie eens meer ons eie familie met ons kinders vertrou nie.”
Sy het bygevoeg: “Al hierdie kinderslagoffers is deur hul ma's in die sorg van familielede gelaat wat hulle vertrou, maar dit is soos om vir wolf skaapwagter te maak.”
'n Vrou is Sondag omstreeks 00:01 tydens 'n gewapende rooftog in die Kleine Kuppe-woonbuurt in die hoofstad glo verkrag.
Volgens Shikwambi het twee verdagtes oor die heining geklim en 'n venster gebreek om by die huis in te kom.
“Die eienaar van die huis wat besig was om TV te kyk, is deur een verdagte met 'n vuurwapen aangehou. Die ander verdagte het die slapende vrou in die kamer gevind, haar met 'n vuurwapen aangehou, haar klere uitgetrek en haar glo verkrag,” het Shikwambi gesê.
“Die slagoffers (30 en 25) is daarna vasgebind en in die slaapkamer toegesluit, maar hulle is nie geslaan nie.”
Die booswigte het met 'n Samsung-TV, drie selfone, 'n Xbox, N$2 500, twee motorsleutels van 'n Toyota Fortuner en Volkswagen Golf 7, asook klere weggekom.
Volgens die polisie is die waarde van die gesteelde goedere sowat N$98 000.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en geen van die gesteelde goedere is teruggevind nie.
Nóg twee vroue is die naweek na bewering verkrag.
Saterdag in die vroeë oggendure is 'n 27-jarige vrou op Okombahe in die Erongostreek glo deur 'n jong man verkrag wat saam met haar huis toe geloop het.
“Hulle het saam huis toe geloop omdat hulle in dieselfde area bly. Ewe skielik het die verdagte (tussen 20 en 23 jaar oud) glo 'n mes uitgeruk en gedreig om die vrou dood te maak,” het die polisiewoordvoerder gesê.
“Hy het haar glo gesleep, met 'n klip op die kop geslaan en verkrag. Die slagoffer kon daarin slaag om te ontsnap en die saak aan haar familie en die polisie te rapporteer.”
Sy is met minder ernstige beserings aan haar kop in die Omaruru-staatshospitaal opgeneem. Die verdagte is steeds voortvlugtig.
Die ander vrou (47) is Sondag tussen 00:00 and 01:30 by 'n huis op Groot Aub verkrag. Die 37-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie