Vermeende Sportkommissie-bedrieërs verskyn in hof
Jacqueline Louw
Twee werknemers van die Namibië Sportkommissie (NSC), me. Ivonne Nande en mnr. Walter Haseb, het gister 'n eerste verskyning voor 'n stampvol hof in die landdroshof in Windhoek gemaak.
Dié twee is Dinsdag deur die Teenkorrupsiekommissie in hegtenis geneem op klagte van bedrog.
Nande en Haseb word daarvan beskuldig dat hulle artikel 43(1) van die teenkorrupsiewet oortree het deurdat hulle tussen 2011 en vanjaar onwettiglik en op korrupte wyse hul posisie in 'n openbare liggaam gebruik het vir die verkryging van beloning tot hul eie voordeel of tot voordeel van 'n ander persoon.
Nande sal nog tot einde Julie as 'n ontwikkelingsoffisier by die NSC werksaam wees en Haseb was die waarnemende hoofadministrateur van dié kommissie.
Die voorlopige bedrag van die bedrog, wat na bewering deur die beskuldigdes gepleeg is, beloop bykans N$5 miljoen.
'n Formele borgtogaansoek sal op 18 Augustus aangehoor word.
Die staat het aangedui dat hy die borgtogaansoek sal teenstaan vanweë die erns van die saak en aangesien die polisieondersoek nog in 'n beginstadium is.
Mnr. Kadhila Amoomo, wat namens Nande optree, het die staat versoek om die visenteringslasbrief, alle ondersteunende verklarings tot die lasbrief, sowel as die dagvaarding en getuieverklarings aan hom beskikbaar te maak ter voorbereiding van sy kliënt se saak.
Landdros Vanessa Stanley het die verhoor tot 20 Oktober uitgestel vir verdere polisieondersoeke.
Mnr. Vetu Uanivi tree namens Haseb op en die staat word deur mnr. Joseph Andreas verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie