Vermeende smokkelaar kry borgtog
Vermeende smokkelaar kry borgtog

Vermeende smokkelaar kry borgtog

Francoise Steynberg
'n Man (59) wat Vrydagoggend op Grootfontein in besit van 'n ietermagôvel in hegtenis geneem is, het Maandag borgtog van N$1 500 in die landdroshof op dié Noorde-dorp gekry.

Mnr. Hafeni Haimbodi het Maandagmiddag voor landdros Murray Shikongo op klagte van die besit van en handel in be­skermde en beheerde wild­pro­dukte verskyn. Staatsaanklaer Patricia Matengu het versoek dat Haimbondi op borgtog van N$5 000 vrygelaat word en gesê die ietermagô, wat N$50 000 werd is, is vir sy vel doodgemaak.

Shikongo het borgtog van N$1 500 aan die ­beskuldigde toegestaan en die saak tot 22 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel sodat Haimbodi regsverteenwoordiging kan bekom.

Die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het gesê Haimbodi is in hegtenis geneem toe hy glo die vel Vrydag naby die Otjivanda Senior Sekondêre Skool op Grootfontein wou verkwansel. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-10-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer