Vermeende skietmal stroper bly agter tralies

Olifantkarkas sonder tande, vel ontdek

12 September 2019 | Howe
Francoise Steynberg



Die vermeende renosterstroper wat Sondag glo op polisie- en weermaglede op 'n plaas buite Otavi losgebrand het, het Dinsdag in dié dorp se landdroshof verskyn.

Mnr. Joseph Ngoma (42) van die ­Kavango-Oosstreek het op klagte van die onwettige jag van beskermde wild, asook die besit van 'n renosterhoring en 'n ongelisensieerde vuurwapen en ­ammunisie verskyn.

'n Klag van poging tot moord is by­gevoeg omdat hy glo op 15 polisie- en weermaglede geskiet het toe hulle hom in hegtenis wou neem.

Landdros McLean Handjaba het beveel die beskuldigde moet in aanhouding bly en het die saak vir verdere ondersoek tot 19 November uitgestel.

Me. Sara Kandume het vir die staat verskyn. Volgens die ­koördineerder van misdaad­ondersoeke in die Otjozondjupa­streek, adj.komm. Naukalemo Andreas, het plaaswerkers van die plaas Streben, sowat 40 km suidwes van Otavi, die verdagte Sondag omstreeks 12:00 gewaar, glo met 'n jaggeweer en twee ­slagmesse gewapen.

Andreas het aan Nampa vertel die ­plaaswerkers het Otavi se polisie ingelig, wat weer polisieversterkings van Kombat af ingeroep het.

“Die gekombineerde polisiespan het die voetspore van die verdagte op die plaas gevolg en toe hy die polisie eerste gewaar, het hy op hulle losgebrand,” het Andreas gesê.

Sy sê die oor-en-weer-skietery het tot omstreeks 14:00 geduur waarná Ngoma sy .375-jaggeweer neergegooi het.

“Hy het begin hardloop, maar polisie­lede het die hulp van die weermag­helikopter ingeroep.”

Andreas sê die verdagte is ­omstreeks 23:00 op die buurplaas Marula in ­hegtenis geneem met dele van 'n renoster­horing, ammunisie en 'n water­bottel in sy besit.

Sy het bygevoeg niemand is tydens die oor-en-weer-skietery beseer nie.



OLIFANTKARKASSE

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het bevestig twee olifant­karkasse is in die Kunenestreek ontdek.

Muyunda sê toeriste het 'n olifant­karkas waarvan die tande en vel ­verwyder is Maandag in die Khowarib-omgewing ontdek.

“Die vermoede bestaan dat die vel en tande verwyder is deur iemand wat eerste op die karkas afgekom het. Ons span is op die toneel en ondersoek nog die saak,” het hy gesê.

Die olifantkarkas wat Vrydag in die omgewing van Twyfelfontein deur ­toeriste gevind is, “het vermoedelik weens interne bloeding ná 'n ­bakleiery met ander olifante omgekom,” het Muyunda gesê.

Die Namibiese polisie het verlede week op drie olifanttande, twee velle en een stuk ivoor beslag gelê.

Vier verdagtes is in verband met ­olifantstropery en ivoorsmokkelary in hegtenis geneem, lui statistieke van wildmisdaad van 2 tot 8 September wat deur die polisie se eenheid vir ­bekermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid verskaf is.

Beslag is ook op een lewende ietermagô en 'n ietermagôvel gelê.

Altesaam vier wildmisdaadverwante sake is aanhangig gemaak en ses verdagtes is in hegtenis geneem.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Nog twee Covid-19-gevalle in Namibië

5 ure gelede | Gesondheid

'n Negemaande oue baba en sy pa is die jongste twee Covid-19-gevalle wat in die land bevestig is. Dit bring die totaal op 13. Die...

Skouspel by Victoria-valle

8 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Op 27 Maart het ‘n enorme 3,890 m³ water per sekonde by die Victoria-valle afgestort. Dit is 54% meer as die langtermyngemiddeld...

Covid-19: Albertus Aochamub ontslaan

9 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting – Die Namibiese diplomaat in Parys, Frankryk, amb. Albertus Aochamub, is uit die hospitaal ontslaan.Dit kom nadat hy onlangs met Covid-19 gediagnoseer en...

Hoofstad onder inperking

21 ure gelede | In beeld

Lang rye mense staan Dinsdag voor winkeldeure in die hoofstad se winkelsentrums om een vir een ingelaat te word. Dít omdat hoktydregulasies die getal mense...

Te min Covid-19-toetsstelle, ventilators

21 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 in Namibië sluit in ’n gebrek aan ten volle toegeruste isolasiegeriewe in die streke...

Noodmaatreëls geld reeds landswyd

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gisteroggend by navraag bevestig die Namibiese regering se Covid-19-noodmaatreëls is reeds op die hele land...

‘Trokdrywers ’n nasionale bate’

21 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – “Ons drywers is nou ons belangrikste bate en ons moet na hul welsyn omsien. Soos dinge nou aangaan, kan dit vir hulle...

Weer, Woensdag 1 April 2020

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en warm weer met verspreide donderbuie in die noordelike en sentrale dele van die land. Geïsoleerde tot verspreide donderstorms word op plekke...

Otjiwarongo reg vir Covid-19

21 ure gelede | Plaaslik

Augetto GraigOtjiwarongo is hard besig met voorbereidings om die nuwe ­coronavirus by die horings te pak. Die sakeleier mnr. Theo Borstlap en plaaslike apteker mnr....