Vermeende pedofiel se saak uitgestel

Kristien Kruger
Die vermeende pedofiel, mnr. Johann Maree, wat na bewering tientalle minderjarige seuns in Windhoek vir pornografiese doeleindes verkrag en misbruik het, se formele aansoek om borgtog sal op 7 Oktober in die Landdroshof in Windhoek voort duur. Die saak sou vandag plaasvind, maar die betrokke landdros was nie beskikbaar nie en die saak is gevolglik uitgestel. Staatsaanklaer, mnr. Like Phelem, en Maree se verteenwoordiger me. Eva Nangolo sal Donderdag hul finale betoë inhandig.

Kommentaar

Republikein 2025-12-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer