Vermeende mesmoordenaar weer in hof
Kenner getuig oor DNS-toetse
Jacqueline Louw - Die uitslag van die DNS-toetse is gister in die verhoor van André Friedel Castro Dausab aan die hoërhof openbaar gemaak.
Die hoof forensiese wetenskaplike by die Nasionale Forensiese Weten-skaplike Instituut (NFSI), me. Maryn Swart, het gister getuig die DNS van die bloed aan die beskuldigde se klere en aan die messe wat op die moordtoneel gevind is, pas by die DNS-profiel van die slagoffer.
Dausab het na bewering sy 32-jarige vriendin, me. Gofaone Motlamme, 25 keer met verskeie messe gesteek en vermoor. Volgens die klagstaat het die voorval op 22 Februarie 2014 by Motlamme se woonstel in Erasmusstraat, Windhoek plaasgevind. Motlamme wat van Botswana afkomstig is, was ’n derdejaarstudent aan die United Lutheran Theological Seminary Paulinum-kampus.
Sers. Lazarus Stefanus van die eenheid vir geslagsgebaseerde geweld van die Namibiese polisie, het getuig dat hy twee gebreekte messe en een wat nog heel, maar met bloed besmeer was, op die moordtoneel gevind het. Die oorledene het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Die drie messe het as bewysstukke in die hof gedien.
Nóg ’n getuie, konst. Rauha Taapopi, van die stadspolisie, het getuig die be-skuldigde was tydens die aand van sy inhegtenisneming op 22 Februarie 2014 getraumatiseerd en het verskeie kere gesê: “Ek het my meisie doodgemaak en ek wil myself ook doodmaak.” Volgens haar getuienis was die sleutel van die oorledene se kamer by Dausab gevind.
Dausab is kort ná die moord in Coetzeestraat in Pionierspark in hegtenis geneem toe hy blykbaar die polisie van die moord in kennis gestel het.
Adv. Ethel Ndlovu tree namens die staat op en mnr. Brownell Uirab verteenwoordig vir Dausab.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie