Dodelike ongeluk draai weer in hof
Jacqueline Louw - Mnre. Quintin du Preez en Arthur Bouwer het die afgelope Vrydag opnuut vlugtig in die landdroshof in Windhoek verskyn in verband met 'n motorongeluk waarin twee jong mans gesterf het.
Die ongeluk, wat die lewens van mnre. Damian Maurico Payne (22) en Liam Ashley September (21) geëis het, het op 30 Julie 2016 in Auasweg naby die Safari-hotel in Windhoek plaasgevind.
Volgens die polisieverslag was die twee oorledenes in 'n bakkie toe 'n Golf-voertuig wat deur Du Preez bestuur is, glo in hulle vasgery het. Die bakkie het na bewering gerol en teen 'n aankomende bakkie, waarvan Bouwer die bestuurder was, gebots.
“Dit het onder ons aandag gekom dat die snelheidsmeter van die Golf met impak op 180 km/h gestaan het,” het inspekteur Slogan Matheus, polisiewoordvoerder, destyds ná die ongeluk gesê.
September was die pa van 'n tweejarige dogtertjie en een van drie seuns van mnr. Eugene en me. Lelanie September.
Die saak is tot 30 Oktober finaal uitgestel vir 'n beslissing deur die aanklaer-generaal. Die ondersoek is steeds nie volledig afgehandel nie.
Die beskuldigdes is aanvanklik gearresteer op moontlike klagte van manslag, roekelose of nalatige bestuur en dronkbestuur, maar volgens bewysstukke was die alkoholinhoud van Bouwer se bloed minder as die wetlike perk. Formele klagte is nog nie geformuleer nie omdat die aanklaer-generaal nog oor vervolging moet beslis.
Die beskuldigdes het ook nog nie gepleit nie en hul borgtog is tot 30 Oktober verleng.
* Hierdie berig is op 18 Julie 2017 gewysig om bykomende inligting by te voeg en die regstelling te maak dat Bouwer nie formeel op 'n klag van dronkbestuur tereg staan nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie