Vermeende dronkbestuurder kry N$4 000-borgtog
Francoise Steynberg - Die bestuurder van die voertuig wat Sondagmiddag in die Northgate Shell-vulstasiewinkel op Otjiwarongo ingeploeg en konsternasie veroorsaak het, is gister tydens sy eerste verskyning in dié Noorde-dorp se landdroshof borgtog van N$4 000 toegestaan.
Mnr. Clinton Denzel Gowaseb (21) het op klagte van dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur, asook bestuur sonder 'n rybewys verskyn.
Landdros Eduard Kesslau het die saak tot 28 Mei vir verdere ondersoek uitgestel. Me. Anna Amukugo het vir die staat verskyn.
Twee mense – 'n petroljoggie en 'n kliënt van die vulstasie - is in die ongeluk beseer en die glasvoordeur is aan skerwe. Gowaseb en sy manlike passasier is ongedeerd.
Die beskuldigde het volgens die Namibiese polisie se asemtoets 0,74 mg alkohol in sy liggaam gehad, wat ver bo die toegelate alkoholvlak van 0,37 mg is, het 'n polisiewoordvoerder gesê.
“Die bestuurder was so dronk, hy kon nie eers uit die kar klim nie,” het 'n ooggetuie gesê.
Die eienaar van die Northgate Shell-vulstasie in dr. Hage Geingobstraat, mnr. James Tromp, het gister aan Republikein gesê hy is nog besig met die evaluering van die skade, maar hy bereken dit op meer as N$50 000.
Videomateriaal van die kringtelevisiekameras wat op sosiale media versprei is, het groot reaksie ontlok.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie