Vermeende dronkbestuurder in hof
Vermeende dronkbestuurder in hof

Vermeende dronkbestuurder in hof

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die bestuurder van die voertuig wat Sondagmiddag in die Shell-vulstasiewinkel op Otjiwarongo ingeploeg het, is vanoggend tydens sy eerste verskyning in dié Noorde-dorp se landdroshof borgtog van N$4 000 toegestaan.

Mnr. Clinton Denzel Gowaseb (21) het op klagte van dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur, asook bestuur sonder ‘n rybewys verskyn.

Landdros Eduard Kesslau het die saak tot 28 Mei vir verdere ondersoek uitgestel. Me. Anna Amukugo het vir die staat verskyn.

Twee persone – ‘n petroljoggie en ‘n kliënt - is in die ongeluk beseer. Gowaseb en sy manlike passasier is ongedeerd.

Kommentaar

Republikein 2025-10-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer