Vermeende dronkaard ry 4-jarige in Havana dood
Om sout verder in die wonde van padsterftes die naweek in Windhoek te vryf, het die polisie pas bekend gemaak 'n 4-jarige meisietjie is vroeg Sondagaand deur 'n vermeende dronkryer in Havana by Windhoek doodgery.
Klein Anna Panduleni Nghipuka is op slag dood toe die voertuig haar getref het terwyl sy langs 'n smal grondpad gestap het.
Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en in 'n sinkhuis in geploeg en dit verwoes. Gelukkig is niemand beseer nie.
Die 53-jarige bestuurder is in hegtenis geneem op klagte van strafbare manslag, dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie