Vermeende Chinese geldwasser verskyn in hof
Francoise Steynberg - Nóg ''n Chinese man wat Vrydag by die Kapps Farm-padblokkade op pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in hegtenis geneem is nadat hy met kontant ter waarde van US$33 500 (sowat N$454 196) betrap is, het gister in die Windhoekse landdroshof verskyn.
Die 38-jarige mnr. Feng Jinguan het volgens die Nambiese polisie ook probeer om ''n polisiebeampte by die padblokkade met N$4 200 kontant om te koop.
Feng het gister voor landdros Gerrit van Pletzen op klagte van omkopery en geldwassery verskyn.
Die landdros het die saak tot 20 Desember uitgestel om vir ''n Mandarynse tolk te reël. Feng bly in aanhouding by die polisieselle van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.
Die Amerikaanse dollars was toegedraai, geseël en in beskuitbokse weggesteek. Die beskuitbokse was in ''n pers tas versteek wat in ''n groter rooi tas geplaas was.
Die verdagte sou volgens ''n Chinese vriend wat hom lughawe toe geneem het, vanaf Hosea Kutako via Johannesburg en Hongkong na Taiwan vlieg.
Mnr. Hans Tourob het vir die staat verskyn en mnr. Mhata Namibili is Feng se regsverteenwoordiger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie