Vermeende Chinese geldwasser in hof
Francoise Steynberg – Nóg ’n Chinese man wat Vrydag by die Kapps Farm-padblokkade op pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in hegtenis geneem is nadat hy met kontant ter waarde van US$33 500 (sowat N$454 196) betrap is, het vandag in die Windhoekse landdroshof verskyn.
Die 38-jarige mnr. Feng Jinguan het volgens die Nambiese polisie ook probeer om ’n polisiebeampte by die padblokkade met N$4 200 kontant om te koop.
Feng het voor landdros Gerrit van Pletzen op klagte van omkopery en geldwassery verskyn. Die landdros het die saak tot 20 Desember uitgestel om vir 'n Mandarynse tolk te reël. Feng bly in aanhouding by die polisieselle van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.
Lees die volledige berig in môre se Republikein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie