Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf
Drie vermeende veediewe se turf sit nadat die plaaseienaar die vragmotor kon inwag waarmee hulle glo 'n vrag verse op sy uurplaas gelaai het.
Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder oordag sewe dragtige verse op 'n vragmotor gelaai het.
Die waarde daarvan beloop sowat N$140 000.
Mnr. Ockert Steyn, eienaar van die beeste, sê hy het gelukkig inligting ontvang wat hom in staat gestel het om hulle langs die pad in te wag en hul plan te fnuik.
Steyn, wat op die plaas Bosville-Wes naby Otjinene boer, sê een van sy werknemers het hom Sondag laat weet hy het 'n onbekende man opgemerk in 'n kamp op 'n plaas naby Summerdown waar hy weiveld vir sy beeste huur.
Die werker het ook 'n ligte vragmotor met beeste agterop opgemerk wat in die rigting van Omitara onderweg was.
Steyn het sy plaasbestuurder laat weet om te gaan ondersoek instel.
“Hy het gesien die slot van die hek is gebreek. Hy het ook vir my gesê hulle het gesien die lorrie het omgedraai en teruggery in die rigting van Summerdown,” vertel Steyn.
Volgens hom is die vragmotor vol beeste ook langs die roete deur CCTV-kameras afgeneem.
Toe dit blyk die vragmotor ry by Summerdown verby in die rigting van Otjinene, het Steyn hulle langs die pad ingewag en voorgekeer.
Hy sê benewens die bestuurder, was daar ook 'n passasier in die kajuit van die vragmotor.
“Ek het hulle ondervra en hulle kon nie 'n permit toon nie,” sê Steyn en voeg by hy kon die diere aan die veebrandmerk en oorplaatjies as sy verse identifiseer.
Die polisie is ontbied en die man wat in die kamp op sy huurgrond naby Summerdown opgemerk is, is saam met dié twee mans in hegtenis geneem.
Steyn sê inligting is intussen van ander boere in die omgewing ontvang wat daarop dui dié ligte vragmotor is na bewering tevore ook vir ander veediefstalvoorvalle gebruik. Dit kon egter nie bevestig word nie.
Dit blyk die mans het nog nie in die hof verskyn nie. Die staatsaanklaer op Otjinene, mnr. Kristian Erastus, het gister opleiding ondergaan en het Republikein by navraag na 'n administratiewe beampte by die landdroshof op dié dorp verwys.
Sy het gesê sy weet nie of die mans al verskyn het, of wanneer hulle voor die hof gebring word nie.
– [email protected]
FOTO’s
Mnr. Ockert Steyn het die ligte vragmotor vol beeste op die pad tussen Summerdown en Otjinene ingewag. Die sewe dragtige verse was agterop die lorrie. Foto's verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie