Vermeende beesdief glip uit selle
Vermeende beesdief glip uit selle

Vermeende beesdief glip uit selle

Des Erasmus
Des Erasmus - ’n Glibberige vermeende veedief na wie sowat twee jaar lank gesoek is, het ’n tweede keer uit die polisieselle op Omaruru ontsnap.
Hy is mnr. Gideon Kauhu, in die omgang beter bekend as Malima. Hy is die eerste keer sowat twee jaar gelede ná ’n wilde jaagtog tussen hom en sy makkers se voertuig en dié van sy agtervolgers, naby Omaruru se stortingsterrein gevang.
Malima het reeds ’n eerste ver­skyning op ’n klag van veediefstal op Omaruru gemaak voordat hy Saterdag uit die polisieselle ontsnap het. In die eerste verskyning verlede week is borgtog aan hom geweier.
Die oorspronklike diefstal van twee jaar gelede was op die plaas Johannesbank. Inligting van ’n beesslagtery op die plaas is opgevolg en ’n jaagtog het tussen hom en sy drie maats in ’n bakkie en sy agtervolgers op die pad tussen Omaruru en Omatjete ontstaan. Terwyl die vier mans gevlug het, het hul voertuig in ’n stadium ’n miershoop langs die pad getref en ’n ent op net twee wiele geloop.
Die voortvlugtiges in die bakkie het ’n tweespoorpaadjie na die ­stortingsterrein gekies en die agtervolgers was agterna. Juis die asgate was die plek waar hulle ingehaal en aangekeer was. Op die bak van die voortvlugtiges se voertuig was die vleis van ’n bees, pangas, sae en selfs ’n trapfiets. Dit het in 2014 tot die aanhouding van die vier mans in die polisie­selle gelei.
Terwyl hulle in die polisiekantoor gesit het, het die klaer in die saak ook daar aangekom, en die vier in boeie sien sit. In boeie het Malima uit die polisiekantoor gevlug en die ­veiligheid van die riete van die Omarururivier bereik. Tot voorverlede week is sonder enige sukses na hom gesoek.
Met verloop van tyd het inligting uitgelek dat hy hom in die omgewing van Okakarara bevind. Ná skakeling met die nasionale speurdiens het ’n polisie­man van Omaruru die inligting opgevolg oor waar Malima hom in die Okakarara-geweste bevind en daar ’n inhegtenisneming uitgevoer. Hy is na Omaruru gebring en het ’n eerste verskyning gemaak waar borgtog nie toegestaan is nie.
Saterdag het Malima weer ontsnap. Die keer is ’n ystersaag gebruik om
’n seldeur oop te breek om weg te kom. Tot gister was hy steeds op vrye voete.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.58 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 27.27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 312.60/OZ DOWN -0.0005 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0127 | Zinc US$ 2 919.80/T DOWN -1.16% | Brent Crude Oil US$ 82.80/BBP DOWN -0.009 | Platinum US$ 967.50/OZ DOWN -0.0113 #N/A