Vermaaklike kos met Jenny Morris
Vermaaklike kos met Jenny Morris

Vermaaklike kos met Jenny Morris

Jacqueline Louw
Jenny Morris, beter bekend as die Giggling Gourmet, sal gehore by die Checkers Sjefsteater gedurende die Namibië Toerisme Ekspo vermaak.
Jenny is een van Suid-Afrika se mees geliefde kospersoonlikhede sowel as ’n skrywer, radio- en televisieaanbieder, glanskok, onderwyser, spysenier en kulinêre toergids. Jenny is ook die skepper van die Giggling Gourmet, ’n bekende spysenieringsmaatskappy en The CooksPlayground waar sy praktiese en interaktiewe kooklesse aanbied waar pret en lag die hoofbestanddeel is.
Giggling Gourmet FoodTours, nog een van Jenny se skeppings, het in ’n suksesvolle program van kulinêre toere gegroei en neem jou na plekke waar jy die kos en kultuur van bestemmings soos Thailand, Maleisië, Borneo, Vietnam, Kambodja, Singapoer, Hongkong, China en Marokko kan ervaar.
Jenny se formule vir sukses is “to entertain informatively and inform entertainingly”, iets wat sy met groot flair doen. Sy is ’n gereelde gas by kosfeeste en ontvang dikwels opdragte vir beide resep- en spyskaartontwikkeling sowel as om promosies en demonstrasies vir kos en kosverwante produkte te doen. Sy is ook ’n eksaminator van The Culinary Academy en ’n beoordelaar van verskeie koskompetisies.
Alhoewel sy al vir dosyne bekendes en adellikes, insluitende prins Charles, Thabo Mbeki, Kenneth Kaunda, Charlize Theron en Al Gore gekook het, bly Jenny plat op die aarde. Wanneer sy nie die publiek bekoor nie, kan sy in haar kombuis gevind word waar sy altyd ’n pot van iets geurigs en smaaklik aan die roer sal wees.
Sien Jenny vandag saam met Namibiese kosskrywer Antoinette de Chavonnes Vrugt in aksie waar hulle saam uit laasgenoemde se splinternuwe boek sal kook. Sy sal ook as seremoniemeester by Republikein se Buidspaar van die Jaar-kompetiese optree.

Kommentaar

Republikein 2025-08-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer