Verlossing of verslawing?
DIRK VAN ZYL SKRYF:
Daar is kerke wat na die druiwesap oorgeslaan het by die bediening van nagmaal, om te verhoed dat van die lidmate wat die alkohol gelos het nie in hul gewoontes terugval nie.
Dis jammer dat die drang om geld te bekom so erg geraak het dat hulle daardie reine gedagte vergeet of uitgeskakel het.
Ons land, ook die wêreld, het ’n probleem met die mense wat alkohol gebruik, of misbruik, soveel so dat daar gereeld in ouerhuise, kerke of ander vergaderplekke gebid word oor hierdie saak, wat permanent op ’n gebedslys is. Dag vir dag is daar dood, verkragting, ongelukke, aanrandings en vele ander insidente wat plaasvind as gevolg van drankmisbruik.
Is dit regtig die kerke se begeerte om hierdie euwel uit te roei? As ons kyk na dinge wat gebeur, dan betwyfel ek dit sterk.
Dalk is daar mense wat eerlik is, en weet van hierdie wanpraktyke wat so bedryf word, maar hulle swyg daaroor, want hulle is betrokke.
Ek oordeel nie, en gooi nie klippe nie, maar weet en hoor van hierdie dinge wat aangaan. Ek verstaan nie regtig waarom mense so optree nie. Al wat ek kan dink, is dat die mense alles in hulle vermoë doen om geld te genereer, en hulle gee nie ’n flenter om wie hulle vertrap nie.
’n Vrou het my vertel dat hulle by hulle kerkbasaar gemmerbier verkoop het, en hulle is aangesê om dit langer te laat gis, want die mense sê die bier is te flou, daar moet skop wees.
Daar is mense wat gereeld vir die basaars werk, deur iets te berei wat verkoop kan word, soos nagereg, koeke, koekies, pannekoek, ens. Ons ken mense wat by hulle eie huise bak, en byna niks is sonder alkohol nie. Tot die gewone poeding het alkohol in.
Outomaties gaan ek nie daarheen om hulle te ondersteun nie, want ek verwag dat dieselfde gebak ook op die basaartafel sal wees.
Ons was by mense waar my vrou en ek gehoor het hoe die dogter vir haar ma sê om van ’n sekere koek vir die mense te gee, want dis heerlik, en daar is ’n bottel likeur ingegooi. Wat wil sy daardeur bereik? Daar was ook ’n vrugtekoek wat deurweek was van die drank.
Ons moet ook maar leer om nie by enige persoon te eet nie. Ook is ’n poeding gemaak en byna die hele sousmengsel was drank. Ook is daar ’n tert wat “tipsietert” genoem word, wat ’n klomp alkohol bevat.
Ek wonder maar net hoeveel van daardie gedokterde goed gaan dalk na die kerkbasaars toe.
Ek het onlangs oor die radio gehoor van ’n funksie wat geadverteer is deur ’n kerk. Wat opvallend was, is dat daar ’n wyntent geadverteer is. Ek wonder net hoe dit gegaan het, en hoe dit ondersteun was? Hoeveel van die lidmate was by die fontein?
Wat word nou van die druiwesap wat by die nagmaal bedien word? Dis seker ook te flou.
Ons weet mos hoe dit gaan. As ons by pynstillers kom is dit eers aspirien, dan is dit pathidine, en daarna is die morfien - en jy is verslaaf.
Die mense het met die biertent begin, nou is daar ’n wyntent, en een van die dae is daar ’n brandewyndam.
Dit lyk my dat daar niks gedoen kan word as daar nie alkohol is nie. Die kroeë is nou al binne-in die huise. Daar waar die kinders onder 18 jaar nie mag wees nie, want daar word alkohol gebruik.
Gaan dit oor die geld of oor die bediening van ’n evangelie? Baie is geroep, maar min is uitverkies. Dis God wat jou sal kies, nie mense nie. Kyk wat word gedoen om by Mammon uit te kom, dan sê hulle: “Die Here het ons geseën.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie