Verloop van Siriese oorlog

Rusland skaar hom by Al-Assad

04 September 2018 | Internasionaal
Die Siriese weermag het hom voorberei vir ’n aanslag op die laaste rebellevesting in die land.

Die oorlog, wat as ’n opstand teen die regering begin is, duur al sewe jaar. Meer as 350 000 mense het na raming reeds gesterf.

Sommige glo die sterftesyfer kan selfs nader aan 511 000 wees. Daarbenewens het ’n stortvloed vlugtelinge uit die land veral in Mediterreense lande in ’n humanitêre krisis ontaard.

Die VN het ’n beroep gedoen dat burgerlikes toegelaat word om die stad Idlib voor enige aanslag op die rebellemagte te verlaat.

Só het die oorlog tot dusver verloop:

· Maart 2011 – Die eerste betoging teen pres. Basjar al-Assad versprei vinnig en ’n golf inhegtenisnemings en skietvoorvalle volg.

· Julie 2011 – Betogers neem die wapen op en militêre eenhede skaar hulle by betogers. Die betogers kry steun uit Westerse en Arabiese lande, asook Turkye.

· Januarie 2012 – ’n Bomaanval in Damaskus is die eerste deur die Noesra-front, Al-Kaïda se nuwe Siriese filiaal, wat groepe met ’n nasionalistiese ideologie wil verpletter.

· Junie 2012 – Wêreldmagte vergader in Genève, Switserland, en ondersteun ’n politieke oorgang, maar verdeeldheid oor hoe dit bereik moet word, stuit die Verenigde Nasies (VN) se vredespogings.

· Julie 2012 – Al-Assad span sy lugmag teen opposisievestings in nadat rebelle grondgebied wen. Die oorlog eskaleer met slagtings aan albei kante.

· April 2013 – Libanon se militante organisasie Hezbollah help Al-Assad om die stad Koesaïr te wen. Die veldslag toon die toenemende rol van die Iran-gesteunde groep in die konflik.

· Augustus 2013 – Amerika sê hy sal nie chemiese wapens in die Siriese oorlog duld nie, maar verroer geen vinger toe burgerlikes in ’n gasaanval op die rebelle-beheerde oostelike Ghoeta sterf nie.

· Januarie 2014 – ’n Al-Kaïda-splintergroep neem die stad Rakka oor, beset stroke grondgebied in Sirië en Irak, verklaar ’n nuwe kalifaat en noem dit die Islamitiese Staat (Isis).

· Mei 2014 – Rebelle in die stad Homs gee oor en stem in om na ’n voorstad te verskuif. Dit is hul eerste groot nederlaag in ’n groot stad en die begin van nog “ontruimingsonderhandelings”.

· September 2014 – Amerika stel ’n koalisie saam teen Isis en begin met lugaanvalle. Koerdiese magte, wat die djihadistiese gety laat draai, veroorsaak wrywing met sy bondgenoot Turkye.

· Maart 2015 – Met beter samewerking en meer wapens uit die buiteland vorder die rebelle en beset die stad Idlib, maar Islamitiese militantes speel ’n groter rol.

· September 2015 – Rusland skaar hom by Al-Assad, ontplooi sy lugmag en verskaf militêre hulp wat vinnig die verloop van die konflik beslissend teen die rebelle draai.

· Augustus 2016 – Besorg oor Koerdiese vordering teen Isis langs sy grens, begin Turkye ’n inval met geallieerde rebelle om ’n nuwe sone beheer deur Turkye te skep.

· Desember 2016 – Al-Assad se momentum neem toe nadat die Siriese weermag, ná maande se beleg, die rebelle in Aleppo, hul grootste stedelike basis, verslaan.

· Januarie 2017 – Terwyl die VN se vredespogings wankel, vergader Rusland, Iran en Turkye in Kazachstan om “deëskaleringsones” in Sirië te skep – wat ook nie die oorlog beëindig nie.

· Maart 2017 – Israel erken dat hy lugaanvalle teen Hezbollah in Sirië uitgevoer het, wat teen Iran en sy bondgenote se toenemende mag gemik was.

· April 2017 – Amerika loods ’n missielaanval op ’n lugmagbasis van die Siriese regering naby Homs ná ’n gifgasaanval op die rebellestad Chan Sjeichoen.

· November 2017 – Amerikaans gesteunde, Koerdies geleide magte verslaan Isis in Rakka. Dié offensief en ’n aanval deur die Siriese leër verdryf die djihadistiese groep uit byna al sy grondgebied.

· April 2018 – Die Siriese weermag neem Oos-Ghoeta terug voordat hy die ander insurgente-enklawe in Sentraal-Sirië, en dan die rebelle se suidelike bastion, Deraa in Junie oorneem.

· Augustus 2018 – Pro-regeringsmagte trek saam vir ’n groot aanslag op Idlib en aangrensende gebiede. – Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

Geingob vergader met Nanso oor studiegeld

2 ure gelede | Onderwys

Me. Ester Simon, president van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), het pas bevestig die organisasie vergader vandag by Staatshuis met pres. Hage Geingob...

Mexikaanse sakeman wil Erindi koop

4 ure gelede | Omgewing

Die internasionale entrepreneur, filantroop en president van die konsortium BAL-groep, mnr. Alberto Baillères, 'n gerespekteerde Mexikaanse sakeleier, is besig om die kooptransaksie met Erindi...

Katrina hoor Maandag 8 Julie

5 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Regter Christie Liebenberg het vandag gesê hy sal nie later nie as 8 Julie uitspraak lewer in die verhoor van me. Katrina...

Theo Diergaardt voor vir beweerde bedrog

6 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die beheeraanklaer van die landdroshof in Windhoek, mnr. Hans Thourob, het bevestig mnr. Theo Diergaardt, oudminister van grondhervorming, is gister inhegtenis geneem.Volgens...

Windhoek se waterverbruik in die rooi

6 ure gelede | Omgewing

Die Windhoekse munisipaliteit sê oor die afgelope week het Windhoekers 7% meer water gebruik as wat huidige teikens vir waterbesparing toelaat. Die weeklikse teiken is...

Dit moes lankal gebeur het, sê Kanime.

7 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Oomblikke nadat hy gisteraand heraangestel is, het mnr. Abraham Kanime aan Republikein gesê dit moes lankal gebeur het.Die Windhoekse stadsraad het gisteraand...

Raad sit oor polisiehoof

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

17 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

17 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...