Verloofring maak Comrades spesiaal
Twee Namibiërs het die ultra-afstand in minder as nege ure afgelê.
Andrew Poolman - Risa Dreyer van Windhoek het Sondag nie net die Comrades ultra-marathon in haar beste tyd nóg voltooi nie, maar by die eindstreep het sy boonop verloof geraak.
Die 28-jarige Dreyer het vanjaar se wedloop oor 86.73 kilometer in agt ure 28 minute een sekond afgelê.
Sy was die eerste Namibiër oor die eindstreep in die wedloop vanaf Durban na Pietermaritzburg en het ook twintig minute vinniger as in laas jaar se af-wedloop gehardloop.
Agterna het sy boonop aan Riaan Burger die jawoord gegee en het hy 'n verloofring aan haar vinger gesit.
Dreyer was een van twee Namibiërs wat agterna 'n Bill Rowan-medalje ontvang het, wat toegeken word aan hardlopers wat die afstand in minder as nege ure voltooi. Die ander ontvanger was die 45-jarige André Ross van Swakop Striders.
AFWESIG
Een van Namibië se gereelde voltooiers wat laas jaar in 8:27:10 klaargemaak het, was dié keer afwesig. Johan Bronkhorst, 'n veteraan van Swakopmund, is intussen met kanker gediagnoseer.
Die Comrades-marathon is jaarliks 'n ikoniese toets van uithouvermoë vir langafstand hardlopers wat in hul duisende by die beginstreep aantree.
Laas naweek se voorste atlete verbonde aan Namibiese klubs was:
1 Risa Dreyer (28 jaar, Windhoek Harriers) 8:28:01.
2 André Ross (45 jaar, Swakop Striders) 8:40:02.
3 Rudi Mahne (62 jaar, Swakop Striders) 9:28:02
Antal Pocsi (26 jaar, Swakop Striders) 10:05:43
Tertia de Waal (43 jaar, Swakop Striders) 10:11:26
Kirsty Brits (37 jaar, Swakop Striders) 10:12:23
Albert Papama (Gobabis Front Runners) 10:19:09
Eliza Steyl (37 jaar, Walvisbaai) 10:19:34
Keletso Nyathi (38 jaar, Windhoek Harriers) 10:37:08
Werner Bachman (Walvisbaai Road Runners) 10:37:49
Joe Absai (57 jaar, Welwitschia-77) 10:43:47
Danie Kotze (49 jaar, Swakop Striders) 10:58:01
Achim Herma (60 jaar, Windhoek Harriers) 11:14:22
Frank Fielding (54 jaar, Windhoek Harriers) 11:23:09
Hannes Smit (44 jaar, Windhoek Harriers) 11:38:27
Celeste Mertens (38 jaar, Windhoek Harriers) 11:46:42
KAMPIOENE
Vanjaar se algehele kampioene in die Comrades was die 33-jarige Bongmusa Thembu (RSA, 5:35:34) by die mans en die Amerikaner Camille Herron (6:27:35) by die vroue. Laasgenoemde is 'n gewese wêreldkampioen oor beide 50 km en 100 km.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie