u2018Verligtingsplan vir kunste is onpraktiesu2019
u2018Verligtingsplan vir kunste is onpraktiesu2019

‘Verligtingsplan vir kunste is onprakties’

Verskeie plaaslike kunstenaars, spesifiek letterkundiges, is glo ongelukkig met die wyse waarop die Kunsteraad die noodfonds bestuur.
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis

“Die Covid-19 noodfonds vir kunste is net nóg ’n onpraktiese projek wat meer geld in die Namibiese Kunsteraad stort, terwyl dié instelling reeds sit met fondse wat onderbenut word of nie reg bestuur word nie.”

Só sê mnr. Joseph Keamogetsi Molapong, ’n digter, dramaturg en regisseur. In sy sosiale media-inskrywings sedert die aankondiging van die verligtingsplan en noodfonds vir plaaslike kunstenaars, maak hy geen geheim daarvan dat hy ontevrede is met die wyse waarop die Namibiese Kunsteraad (NACN) dié inisiatief bestuur nie.

“Die struktuur wat ingestel is vir die beoogde Covid-19 verligtingsfonds vir kunstenaars, is ’n herhaling van ’n soortgelyke wanfunksionele struktuur wat deur die Kunsteraad gebruik word. Dit is nie funksioneel nie, want dit spreek nie die behoeftes van kunstenaars in Namibië aan nie.

“Soos dit nou gaan, sal dié fondse nie aan die einde van die proses die kunstenaars bereik nie. Hoeveel het die kunstenaars al werklik sedert die aankondiging van die verligtingsplan ontvang? Die burokratiese proses bestee reeds geld namens die kunstenaars en die fondse wat bedoel is vir die verligting van kunstenaars. Dit is ’n feit, gebaseer op realiteite: baie kunstenaars sal nie baat vind by die Covid-19 verligtingsfonds nie,” het hy aan Republikein gesê.

Molapong is ’n lid van Township Productions, ’n teaterproduksiemaatskappy wat in 2001 op die been gebring is en poog om kwessies soos armoede en ’n gebrek aan onderwys aan te spreek en terselfdertyd sosiale- en kulturele ontwikkeling in kwesbare gemeenskappe (hoofsaaklik informele nedersettings) aanmoedig. Die maatskappy het ook deur die jare ’n hand gehad in die bevordering van poësie, hetsy geskrewe, opvoering of publikasies.

Molapong sê Township Productions gaan nie aansoek doen vir die noodfonds nie, want hulle voel daar sal niks van kom nie.

“My probleem met die NACN gaan spesifiek oor letterkunde, wat sedert die herinstelling van die NACN op die kantlyn geplaas is. Dit word selfs uit die huidige reëling gesluit. Die vraag is hoekom? Ons as skrywers kry altyd die idee dat ons werk as ‘sub-standaard’ gesien word.

“Hulle het onder mekaar besluit letterkunde is te ingewikkeld om gefinansier te word. Hulle kies om nie baie skrywers en akademici by die gesprek te betrek nie. Vandaar dat literatuur aan sy lot oorgelaat word. In teenstelling met hulle idees en besluite, word sommige van die ‘sub-standaard’-literatuur by sekondêre skole gebruik en ontleed by Namibiese universiteite. Buite Namibië word hierdie ‘sub-standaard’-letterkunde word waardeer vir die bydrae tot die wêreldliteratuur,” sê hy.

Die NACN is volgens Molapong alte bewus van dié griewe. “Ons het soveel gesprekke met Patrick Sam (voorsitter van die NACN) gevoer, selfs voor die Covid-19 verligtingsfonds aangekondig is.” Dié gesprekke handel hoofsaaklik oor die NACN se finansiering, of gebrek daaraan, spesifiek vir plaaslike letterkunde.

Daar is soveel kunstenaars wat ontevrede is met die NACN oor die algemeen en met betrekking tot die verligtingsfonds het hulle geen vertroue dat die NACN die finansiering vir die kunstenaars gaan deurvoer nie.

Me. M’kariko Amagulu, adjunkdirekteur van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, het op dié aantygings gereageer deur te sê die NACN het wel die finansiering van literatuur opgeskort omdat hulle nie die vermoë gehad het om literatuurvoorleggings te evalueer nie.

Die opskorting was hoofsaaklik op publikasie en drukwerk gefokus, en nie soseer op slypskole, aanbiedings of opleidingsaktiwiteite nie.

“Die Raad het oor die jare verskillende metodes ondersoek om met vennote betrokke te raak by publikasie en uit die uitgewersaspek te help, maar nie baie maatskappye was bereid om aan boord te kom nie. Die rede hiervoor was dat daar min belangstelling in fiktiewe of kreatiewe skryfwerk in Namibië was en dus is dit as riskant beskou,” het sy gesê.

Sy erken hulle is bewus van die onmin, spesifiek onder digters en skrywers. “Die Raad sal in die nabye toekoms hieraan aandag gee. Ons is tans besig met ’n ander proses om steun vir literatuurontwikkeling aan te moedig. As die proses afgehandel is, kan ons dit aan die publiek bekend maak. Die Raad sal egter nie literêre drukwerk doen soos voorheen terwyl daar nie gehaltebeheer is nie.”

Sy het gesê die hulpfonds bly oop vir diegene in die literêre bedryf wat daarvoor wil aansoek doen, behalwe in dié stadium vir diegene wat hulp met drukwerk of publikasie benodig.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%